Geagte leser

Dankie dat u die Waardeskepper Venster oopgemaak het. Die skepping van waarde op verskillende lewensterreine is die sentrale tema van die ondernemings en aktiwiteite waarmee u hier gaan kennis maak. Waardeskepping geskied binne die raamwerk van die skeppingsopdrag van God in Genesis 1 en die Bybelse lewensreëls geld as norm. Afrikaners is ons teikenmark en ons gebruikstaal is Afrikaans. Ons kan ook kliënte en navrae in Duits en Engels bedien en beantwoord.

Hieronder volg ‘n kort lys van die inhoud van hierdie webtuiste.

FINANSIËLE BEPLANNING: 'N TOTALE EN GEÏNTEGREERDE BENADERING
Die spektrum van professionele dienste wat FJS Finansiële Dienste aanbied.


DIE DINAMIEK VAN DOELWITBESTUUR
‘n Doelwitgedrewe benadering tot ondernemingsbeplanning


DIE WAARDESKEPPER DRIEHOEK
‘n Model vir die finansiële bestuur van sake-ondernemings


FINANSIES VIR DIE PROFESSIES
‘n Module vir dinamiese finansiële bestuur en pro-aktiewe belastingbeplanning vir professionele persone


BELASTING- EN FINANSPLAN VIR KLEIN ONDERNEMINGS

‘n Professionele produk waardeur die behoeftes van klein ondernemings op die gebied van belasting en finansiële bestuur aangespreek word.


DIE KONTANTVLOEISKEPPER
Die dinamiese benutting van kredietbestuur vir kontantvloeiversterking


TESTAMENT- EN TRUSTPROGRAM

‘n Program wat daarop gerig is om individue se boedelbeplanningsbehoeftes aan te spreek.


BELASTINGBEPLANNING

‘n Pro-aktiewe proses om belasting te verminder

EIENDOMSBEPLANNING

'n Onafhanklike en Professionele diens aan kopers en verkopers van eiendomme


SEMINARE
Seminare oor sake wat verband hou met ons hoofaktiwiteite word op periodieke grondslag gehou

 

ARTIKELS OOR PERSOONLIKE EN KORPORATIEWE FINANSIËLE BEPLANNING
Artikels oor bepaalde onderwerpe wat deur ons geskryf word en wat van tyd tot tyd in sakeblaaie verskyn, word vir ‘n beperkte tyd op die webtuiste gehou waar dit gelees kan word.


ANDER WEBTUISTES
Daar is ‘n aantal webtuistes wat aanvullend is tot Die Waardeskepper Venster en wat met vrug besoek kan word. Enkeles se adresse volg hieronder:

www.woes.co.za
www.dieknoop.co.za

Vir meer inligting, druk asseblief op die betrokke item. Ek vertrou dat die oopmaak van die verskillende vensters vir u ‘n waardeskeppende belewenis sal wees. Indien u graag met ons kontak wil maak, kan u dit doen by die nommers hieronder.

Afrikanergroete

FRIKKIE STRAUSS

Opgedateer op 17 Julie 2009

PIKETBERG
Adres: Langstraat 101, Posbus 339, Piketberg, 7320
Tel: (022)  913 2353/913 2391 | Faks: (022)  913 1482 | Sel: 082  493 3785
E-pos: strausse@xsinet.co.za