BELASTINGBEPLANNING

 

‘N BAIE WINSGEWENDE BELEGGING

 

 

v TWEE SOORTE BELEGGINGS

 

‘n Mens kan op twee maniere in belasting belê.  In Suid-Afrika het elkeen van hulle sy besondere eienskappe.

 

Ø  ‘n Mens betaal die belasting wat van jou geëis word sonder enige aksie om dit te verminder. Dié belegging het die volgende eienskappe:

 

·     Jy verloor al jou kapitaal die oomblik as jou aanslag betaal word

·     Die opbrengs is 100% negatief.

·     Die uitgawes is nie aftrekbaar vir belasting nie.

 

Ø  ‘n Mens neem aksie deur pro-aktiewe beplanning om jou belastinglas te verminder. Die belegging het ook bepaalde eienskappe:

 

·     Jy kry jou kapitaal terug, binne ‘n jaar of selfs vroeër.

·     Die opbrengs op kapitaal kan veelvoudig wees, selfs tot honderdvoudig.

·     Die uitgawes is aftrekbaar vir belasting.

 

Niemand sal normaalweg ‘n belegging soos die eerste een maak nie; tog word dit jaarliks deur ten minste 80% van alle belastingbetalers gedoen.  Hulle doen dit óf uit vrees óf uit onkunde.  Tog is dit heeltemal onnodig.  Elke belastingbetaler het die reg om sy sake so te reël dat hy, binne die tersaaklike wetlike raamwerk, die minimum belasting betaal.  Ene regter Tomlin het dit tydens ‘n belastingsaak  só gestel: “Every man is entitled, if he can, to so order his affairs so that the tax attaching under the appropriate Acts is less that it would otherwise be.  If he succeeds in ordering them so as to secure this result, then, however unappreciative the Commissioner of Inland Revenue or his fellow taxpayers may be of his ingenuity, he cannot be compelled to pay an increased tax.”

 

Die genoemde belastingvermindering is egter net moontlik met professionele, pro-aktiewe belastingbeplanning.  Hierdie diens kan FJS Finansiële Dienste lewer.  Besonderhede verskyn hieronder.

 

v  BELASTINGBEPLANNING: ‘N PROFESSIONELE, PRO-AKTIEWE PROSES

 

Die belastingbeplanningsproses van FJS Finansiële Dienste het die volgende eienskappe:

 

Ø  Dis ‘n doelgerigte proses.  Die doel van die proses is om soveel moontlik inkomste uit die boeke van die belastingbetaler te verwyder ten einde die geld in sy sak te vermeerder.
 

Ø  Dis ‘n professionele proses.  Die proses is gebaseer op die definisie van belasting wat soos volg lui: Belasting is ‘n heffing deur die owerheid op die belasbare inkomste van ‘n bepaalde entiteit in ‘n sekere land vir ‘n gegewe periode.  Belasbare inkomste is die verskil tussen die bruto inkomste en sekere aftrekbare uitgawes.  Belastingbeplanning bestaan uit die verandering van die aard en grootte van die vyf basiese veranderlikes.  Dit is dus ‘n eenvoudige algebraïese vergelyking waarin veranderlikes gekies word om die minimum belasting regs van die = -teken te gee.

 

Ø  Dis ‘n geïntegreerde proses. Alle belastings wat moontlik op ‘n kliënt van toepassing mag wees, word daarby betrek.  Dit sluit onder  andere  inkomstebelasting,   boedelbelasting, kapitaalwinsbelasting en geskenkebelasting in.

 

Ø  Dit is ‘n omvattende, gestruktureerde proses.  Dit bestaan nie uit ad hoc belastingskemas nie, maar is ‘n globale benadering.

 

Ø  Dit is ‘n zero-gebaseerde proses.  Daar word na ‘n onderneming gekyk asof daar geen belastingstrategieë in plek is nie, ten einde te verseker dat alle beskikbare belastingbesparingsgeleenthede benut word.

 

Ø  Dit is ‘n verantwoordelike proses. Ons eksperimenteer nie met twyfelagtige belastingskemas nie.

 

v  WATTER VOORDELE IS DAAR VIR DIE BELASTINGBETALER IN DIE     PROSES?

 

Afhangende van die belastingpligtige se inkomste, kan hy duisende, honderde duisende of self miljoene Rande aan belasting spaar.  Die volgende is ‘n eenvoudige voorbeeld:  ‘n Persoon wat ‘n besigheid in sy eie naam bedryf, sal ± R85 000 inkomstebelasting op ‘n netto inkomste van R375 000 betaal.  As hy dit omskep in ‘n kleinsakekorporasie, sy kapitaalposisie reg struktureer en al die voordele daarvan benut, kan hy met R25 000 loskom, maar kan ook geen belasting betaal nie as hy ‘n vervaardigingsonderneming bedryf en hy koop in ‘n gegewe jaar ‘n groot masjien.   Die omskepping van ‘n eenmansaak in ‘n kleinsakekorporasie kan hom tussen R5000 en R10000 kos, die belastingbeplanning ingesluit.  Dis die belegging wat hy moet doen om ‘n opbrengs van enigiets tussen R50000 en R80000 te realiseer, nadat hy sy kapitaal teruggekry het. 

 

By FJS Finansiële Dienste word belastingbeplanning teen ‘n voorafooreen-gekome en mededingende fooi gedoen.  Aan die hand van ‘n kort belastingbeplanningsoudit kan ons vinnig vasstel wat die potensiële belastingesparing vir ‘n kliënt kan wees en ongeveer hoeveel dit vir hom sal kos.

 

PIKETBERG
Adres: Langstraat 101, Posbus 339, Piketberg, 7320
Tel: (022)  913 2353/913 2391 | Faks: (022)  913 1482 | Sel: 082  493 3785
E-pos: strausse@xsinet.co.za