DIE WAARDESKEPPER
BELEGGINGSPLAN
VIR PRIVATE BELEGGERS
BELEGGERSBEHOEFTES
FJS Finansiële Dienste se beleggingsdiens
is gerig op die private belegger. Dit is persone of instansies wat
surplusfondse vir korter of langer periodes belę of persone wat geld vir
aftreedoeleindes belę. ‘n Belegger het drie basiese behoeftes, naamlik:
· Hy wil nie graag sy
kapitaal verloor nie
· Hy verlang ‘n
billike opbrengs op sy kapitaal
· Hy wil graag
redelik toegang tot sy fondse hę
Ons diens is gerig op die optimale
bevrediging van hierdie behoeftes
OPBRENGS EN RISIKO
In die vryemarkstelsel word individue
vergoed vir hulle gewilligheid om risiko te neem en word gestraf vir enige
moontlike negatiewe gevolge daarvan. Dit geld ook vir beleggings. Hoe meer
risiko geneem word, hoe groter die potensiële opbrengs, maar hoe groter die
kanse op verliese saam daarmee. Die mate van risikoneming deur ‘n belegger
sal bepaal in welke mate daar aan sy beleggingsbehoeftes voldoen word. ‘n
Vaste deposito by gerespekteerde banke met ‘n gesonde balansstaat word beskou
as ‘n baie veilige en likiede belegging, maar bied normaalweg nie ‘n goeie
opbrengs nie omdat die bank vergoeding vra vir die risiko wat hy dra. ‘n
Persoon wat ‘n beter opbrengs verlang, sal in ‘n meer riskante bateklas soos aandele
of eiendomme moet belę en die tipe belegging wat hy kies sal bepaal word deur
die omvang van die risiko wat hy wil en kan neem.
BELEGGINGSDIENSTE
Die beleggingsindustrie is baie omvangryk
en hoogs-gekompliseerd. Vir die gewone belegger is dit bykans onmoontlik om
uit die duisende moontlike opsies wat dit bied, die regte keuse te maak. Ons
beleggingsbeplanningsdiens is daarop gerig om die belegger te help om hierdie
keuse te maak en sodoende sy beleggingsbehoeftes optimaal te bevredig. Die
diens bestaan uit die volgende drie basiese elemente:
· Beplanning van
beleggings
· Plasing van
beleggings
· Deurlopende advies
oor beleggings
BEPLANNING
Ons lewer ‘n professionele
beleggingsbeplanningsdiens. Deur die gebruikmaking van ons kennis van die
beleggingsindustrie adviseer ons ‘n kliënt in verband met die belegging van
sy fondse. Dit kan mondelings wees of die vorm van ‘n skriftelike
voorlegging aanneem. Dit sluit ook ‘n breë belastingbeplanning in.
PLASING
Na afhandeling van die beleggingsbeplanning
besluit die kliënt in beginsel self waar hy sy geld wil belę. Ons kan die
plasing vir hom doen en in ons aanbevelings oor die plasing van beleggings
tree ons heeltemal onafhanklik en objektief op. Ons is op geen wyse daartoe
verbind om aan een spesifieke beleggingshuis se produkte voorkeur te gee
nie. Uit wat in die beleggingsmarkte beskikbaar is, kan ons dus die beste
vir ‘n spesifieke kliënt se behoeftes aanbeveel. Ons verkoop geen
versekeringsprodukte soos uitkeerversekering en lewens- of ongeskiktheidsdekking
nie.
DEURLOPENDE ADVIES
Deur goeie beleggingsbeplanning en die
plasing van ‘n belegging in die regte instrumente by die regte instansie word
die grondslag gelę vir die bevrediging van beleggingsbehoeftes. Blywende
kapitaalbeskerming en die maksimalisering van opbrengste kan slegs verseker
word deur die volgehoue goeie bestuur daarvan. In hierdie opsig kan ons
beleggers adviseer.
FOOIEBASIS
Ons neem geen kommissie van
produkverskaffers nie en ontvang slegs voorafooreengekome professionele fooie
van ons kliënte. Vir ons deurlopende adviesdiens neem ons net fooie indien
daar ‘n groei in die belegging is.
PROFESSIONELE EN REGULATORIESE ASPEKTE
Ek beskik oor die nodige kwalifikasies en
ervaring om ‘n professionele beleggingsdiens te lewer. FJS Finansiële
Dienste is by die Raad op Finansiële Dienste gelisensieer as ‘n
verskaffer van finansiële dienste.
**************************************
Vir meer
besonderhede oor ons waardeskepper beleggingsplan of vir ‘n onderhoud
skakel ons asseblief by:
Telefoon : 022 –
913 2353 Faks : 022 – 913 1482 Sel : 082 – 493
3785
E-pos:strausse@xsinet.co.za Langstraat
101, Piketberg
**************************************
EIENAAR:
FRIKKIE STRAUSS : MA,
B.Compt, NDFB, CFP, Professionele Rekenmeester
| Ons het ook kantoorfasiliteite in Bellville |