|
|
|
BOEDELBEREDDERING
‘N PRO-AKTIEWE BENADERING
Die proses van die bereddering van 'n bestorwe boedel kan baie duur, tydrowend en erg onwrigtend vir die agtergeblewe afhanklikes van die gestorwene wees. Deur pro-aktiewe beplanning kan die proses egter baie goedkoper wees, gouer afgehandel word en gevolglik minder ontwrigtend vir alle betrokkenes wees.
v BESPAAR BOEDELBELASTING
Die vernaamste kostes verbonde aan afhandeling van 'n boedel is belastings, eksekuteursfooie en oordragskostes, in die geval van vaste eiendomme. Die belastingkomponent bestaan gewoonlik uit boedelbelasting, kapitaalwinsbelasting en inkomstebelasting, waarvan eersgenoemde meestal die belangrikste is. Deur professionele en tydige boedelbeplanning en die kundige opstel van 'n testament kan wesenlike boedelbelastingsbesparings teweeggebring word.
v VERMINDER EKSEKUTEURSFOOIE
Deur goeie boedelbeplanning kan boedelbelasting baie verminder of selfs heeltemal uitgewis word. Eksekuteursfooie word egter op die bruto waarde van die boedel gehef en dit verg besondere skeppende denke om dit te verminder. Besparings kan teweeggebring word op drie terreine, naamlik die keuse van 'n eksekuteur, die bedinging vir eksekuteursfooie en die behoorlike voorbereiding van die boedel vir die beredderingsproses. In Suid-Afrika is die eksekuteursfooie vasgestel op 'n maksimum van 3.99% van die bruto waarde van die boedel, maar eksekuteurs het die vryheid om minder te vra. Indien 'n groot eksekuteursfirma, soos dič wat byvoorbeeld deur banke en versekeringsmaatskappye bedryf word in die testament as eksekuteur aangewys word, is hulle baie selde geneë om minder as die maksimum fooi te vra, ongeag die omvang van die werk. Oor die algemeen is dit dus verstandig om 'n vertroude vriend of familielid as eksekuteur aan te wys. Hy/sy kan dan 'n kundige persoon aanstel om die boedel namens hom/haar te beredder en met sodanige instansie of persoon oor die eksekuteursfooie onderhandel.
v BESPOEDIG BEREDDERINGSPROSES
Indien die boedel vir die beredderingsproses gereed is wanneer die dood intree, kan dit die proses wesenlik bespoedig en dit bied ook 'n bedingingsbasis vir eksekuteursfooie. Dit behels o.a. die opstel van 'n prakties uitvoerbare testament, voorsiening vir voldoende kontant in die boedel en die veilige bewaring van dokumente wat die eksekuteur gaan nodig hę. Die dokumente moet bewaar word op 'n plek waar dit maklik gevind kan word en behels o.a. titelaktes, aandelesertifikate en versekeringspolisse.
v HOE KAN FJS FINANSIËLE DIENSTE DIE ERFGENAME IN 'N BOEDEL BYSTAAN OM DIE BOEDEL GOEDKOPER EN VINNIGER AFGEHANDEL TE KRY?
· Mededingende eksekuteursfooie: FJS FINANSIËLE DIENSTE se eksekuteursfooie word op 'n tydsgebaseerde basis bereken en nie op 'n persentasie gebaseerde basis nie. Die fooie word dus bepaal deur die hoeveelheid werk wat gedoen word en nie deur die waarde van die boedelbates nie. Ons is ook bereid om ons te verbind tot 'n voorafooreengekome geldbedrag vir die bereddering van 'n boedel.
· Boedelvoorbereiding: Die identifisering van boedelbates en die vind van die dokumentasie in verband daarmee is 'n sleutelaksie in die boedelberedderingsproses. Probleme in die verband kan die proses oneindig uitrek. Deur die doen van 'n kort boedelberedderingsoudit deur FJS FINANSIËLE DIENSTE en die neem van stappe wat daaruit voortvloei, kan 'n gladde afhandeling van 'n boedel verseker word.
· Boedelbeplanning: Deur kundige en tydige boedelbeplanning kan die oorgang van boedelbates na die erfgename met die minimale ontwrigting geskied en boedel- en ander belastings en selfs eksekuteursfooie en hereregte bespaar word. 'n Professioneel-opgestelde, uitvoerbare testament is die eindproduk van so 'n beplanning. FJS FINANSIËLE DIENSTE se Testament- en Trustprogram is ontwikkel om hierdie beplanningsdiens te lewer. Elders op hierdie webtuiste verskyn meer inligting daaroor.
*********************************************
Vir meer besonderhede of vir ‘n onderhoud skakel ons asseblief by:
Telefoon : 022 – 913 2353 Faks : 022 – 913 1482 Sel : 082 – 493 3785
E-pos:strausse@xsinet.co.za Langstraat 101, Piketberg
www.waardeskepper.co.za
************************************** EIENAAR:
FRIKKIE STRAUSS : MA, B.Compt, NDFB, CFP, Professionele Rekenmeester
PIKETBERG
|