DINAMIESE BOEKHOUDING

 

¨       WAT IS DINAMIESE BOEKHOUDING?

 

Vir baie ondernemers is boekhouding slegs ‘n onmisbare ergernis en ‘n finansiële las wat vir hulle van geen waarde is nie behalwe om aan statutêre vereistes te voldoen. Dit behoort egter ‘n dinamiese en waardeskeppende aksie met die volgende kenmerke te wees:

- Dit dien as grondslag vir operasionele en finansiële beplanning.

- Dit word benut om winste te verhoog en verliese betyds te ontdek en te beperk.

- Dit bied kontrole oor kontantvloei.

- Dit dien om belasting te bespaar.

 

¨       HOE FUNKSIONEER ‘N DINAMIESE BOEKHOUSTELSEL?

 

Dit verskaf aan die ondernemer tersaaklike, korrekte en tydige inligting.

 

Tersaaklik: Soos die “GPS” van ‘n vliegtuig die vlieënier met inligting voer om hom in staat te stel om te weet of hy nog op koers is, so moet die ondernemer se finansiële rekords hom in staat stel om op ‘n deurlopende basis te weet of hy sy operasionele doelwitte behaal.

 

Tydig: As ‘n vlieënier nie sy oë op die hoogtemeter hou nie, kan hy die grond onver-wags tref. So kan ‘n besigheid vinnig ten gronde as die ondernemer nie op hoogte van sy finansies bly nie. Veral in moeilike tye, soos tans die geval is, kan ‘n vaartbelynde boekhoustelsel die verskil tussen oorlewing en ondergang maak.

 

Korrek: Net soos foutiewe inligting vir ‘n vlieënier niks werd is nie, net so beteken boekhouding ook niks as dit nie korrekte inligting aan die ondernemer kan verskaf nie.

 

¨       FJS FINANSIËLE DIENSTE EN DINAMIESE BOEKHOUDING

 

Ons dienste op die gebied van boekhouding en finansiële bestuur behels die volgende:

 

·      Die instelling van ‘n boekhoustelsel wat vir die ondernemer waarde skep deur die voorsiening van tersaaklike, tydige en korrekte inligting.

·      Rekenaargebaseerde boekhoudienste vanuit ons kantoor.

·      Die opstel van finansiële state en die ontleding en vertolking daarvan.

·      Operasionele en kontantvloeibegrotings.

·      Die doen van belastingbeplanning en die voltooiing van alle belastingopgawes.

·      Hulp met finansiële en kredietbestuur.

 

Ons gee persoonlike en intensiewe aandag aan elke kliënt se sake teen bekostigbare fooie

 

****************************

EIENAAR : FRIKKIE STRAUSS

 

MA, B.Compt, NDFB, CFP®

 

Professionele Rekenmeester

 

PIKETBERG
Adres: Langstraat 101, Posbus 339, Piketberg, 7320
Tel: (022) 913 2353/913 2391 | Faks: (022) 913 1482 | Sel: 082 493 3785
E-pos: strausse@xsinet.co.za