DIE DINAMIEK VAN DOELWITBESTUUR

 

Daar is ‘n Engelse spreekwoord wat lui:  “Failing to plan, is planning to fail”.  Die Afrikaanse weergawe daarvan is:  As jy nie ‘n doelwit het nie, sal jy dit behaal!  Doelwitstelling en die bestuur daarvan is van kritiese belang vir die welslae van enige sake-onderneming.  Dis waaroor hierdie model handel.

 

Doelwitbestuur bestaan basies uit drie elemente, naamlik die stel van die doelwitte, die implementering daarvan en die beheer daaroor.

 

 

v  DOELWITSTELLING

 

Enige sake-onderneming het twee primêre doelwitte, naamlik winsgewendheid en ‘n bevredigende opbrengs op kapitaal.  Daar kan aanvullende of ondersteunende doelwitte ook wees, soos kontantvloei- en groeidoelwitte.  Die stel van die doelwitte van ‘n onderneming is deel van  die strategiese beplanningsproses.  Verskeie tegnieke soos onder andere die “SWOT”-analise (sterk punte, swak punte, geleenthede en bedreigings) ,die formulering van strategiese aannames ens, word in die proses gebruik en dit kulmineer gewoonlik in ‘n strategiese of sakeplan, waarvan ‘n finansiële begroting ‘n baie belangrike deel is.

 

 

v  DOELWITIMPLEMENTERING

 

Om sy gestelde doelwitte te bereik, moet bestuur die nodige sisteme en prosesse implementeer.  Dit behels die oprigting van organisatoriese strukture, die toewysing van hulpbronne, die instelling van bestuursmeganismes en die toepassing van die doelwitte op die verskillende afdelings en vlakke in die onderneming.  Die implementering van sleutelprestasie-areas vir verskillende funksionarisse is ‘n voorbeeld daarvan.

 

 

v  DOELWITBEHEER

 

Bestuursdoelwitte kan net behaal word as daar beheer oor die implementering daarvan uitgeoefen word. Daarvoor is ‘n sistematiese en geroetineerde verslaggewingsmeganisme onontbeerlik.  Werklike operasionele en finansiële resultate moet op gereelde basis aan die gestelde begrotingsdoelwitte gemeet word en aksies moet geneem word om afwykings reg te stel.  Hierdie proses is gewoonlik ‘n intellektueel-stimulerende proses wat aanleiding gee tot vernuwende en skeppende denke in ‘n onderneming.

 

 

v  LEWENSKRAGTIGHEID

 

Die bestuursproses soos hierbo beskryf is ‘n dinamiese proses met voortdurende interaksie tussen die verskillende fases en binne die onderneming as geheel.  Die waarnemings wat met die prestasiemetings tydens die beheerfase gemaak word, word teruggevoer na die beplanningsproses in die doelwitstellingsfase en lei tot die stel van nuwe doelwitte, die implementering van nuwe, verbeterde aksies en beter beheerstelsels.  Dit kan vergelyk word met ‘n gesonde bloedsomloopstelsel in die menslike liggaam en het die effek om oor tyd die vlakke van operasionele en finansiële lewenskragtigheid in enige onderneming te verhoog.

 

 

v  HOE KAN FJS FINANSIËLE DIENSTE ONDERNEMERS HELP OM DIE DOELWITBESTUURSKONSEP TOE TE PAS EN DIE VOORDELE DAARVAN TE GENIET?

 

Ons is oortuig dat ons deur ons kennis en ervaring van ondernemingsbestuur en  die toepassing van die doelwitbestuursbeginsels nuwe waarde vir kliënte kan skep.  In die doelwitstelling fase kan ons help met oorhoofse strategiese beplanning.  In die implementeringsfase kan ons ondersteuning gee met die instelling van finansiële bestuurstelsels soos boekhouding, begrotings, kontantvloeibeplanning en beheersisteme oor vaste bates, voorraad en debiteure. Vir hierdie doel het ons die Waardeskepper Driehoek ontwikkel, wat onder andere ‘n kort finansiële bestuursoudit insluit. In die beheerfase kan ons ‘n bydrae lewer tot die prestasiemetingsproses en die vertolking van die resultate daarvan.  Die aard en omvang van ons betrokkenheid sal bepaal word deur die besondere behoeftes van die onderneming.

 

Die teoretiese raamwerk wat ons gebruik, is gebaseer op die geïntegreerde bestuurskonsep wat ontwikkel is deur Prof Grant Schutte, vorige direkteur van die Bestuurskool van Unisa.  Ons het dit reeds in die praktyk toegepas by verskeie korporatiewe kliënte.

 

Ons sal baie graag ‘n geleentheid wil ontvang om die doelwitbestuurskonsep in meer besonderhede aan u te verduidelik en u te help om die primêre ondernemingsdoelwitte te bereik.  Ons is oortuig daarvan dat ons die dienste kan lewer teen fooie wat aantrekliker is as wat vir vergelykbare dienste in die mark betaal word.

 

****************************************************

 

Vir meer besonderhede oor ons dienste of vir ‘n onderhoud skakel ons asseblief by:

 

Telefoon : 022 – 913 2353       Faks : 022 – 913 1482          Sel : 082 – 493 3785

E-pos : strausse@xsinet.co.za

  Langstraat 101, Piketberg

 

*************************

EIENAAR:

 

FRIKKIE STRAUSS: MA, B.Compt, NDFB, CFP : Professionele Rekenmeester

 

 

Ons het ook kantoorfasiliteite in Bellville

 

 

 

PIKETBERG
Adres: Langstraat 101, Posbus 339, Piketberg, 7320
Tel: (022) 913 2353/913 2391 | Faks: (022) 913 1482 | Sel: 082 493 3785
E-pos: strausse@xsinet.co.za