DIE WAARDESKEPPER DRIEHOEK

 

‘N MODEL VIR SKEPPENDE

 

FINANSIËLE BESTUUR VAN KLEIN ONDERNEMINGS

 

Goeie finansiële bestuur is van deurslaggewende belang vir die sukses van enige sake-onderneming.  Menige hoogs-winsgewende ondernemings het al ten gronde gegaan as gevolg van gebrekkige finansiële bestuur.  Baie ondernemings is egter nie in staat om die vereiste kundige personeel op ‘n vaste basis te bekostig nie.  Hulle moet dus ‘n manier vind om bestaande kundigheid beter te benut.  Dis die doel van hierdie program.

 

v        DRIE SLEUTEL-ELEMENTE VIR GOEIE FINANSIËLE BESTUUR

 

Vir doeltreffende finansiële bestuur is drie sleutel-elemente nodig, naamlik:  Konstruk-tiewe ondernemersbetrokkenheid, akkurate rekordhouding en kundige professionele ondersteuning.

 

Ø          Konstruktiewe ondernemersbetrokkenheid

        In finansiële bestuur moet die ondernemer self pro-aktief optree.  Hy moet:

 

·    Bestuursdoelwitte stel in die vorm van ‘n sakeplan en bedryfs- en kontantvloei-begrotings.

·    Operasionele resultate monitor deur middel  van gereelde finansiële en kontant-vloeistate.

·    Doeltreffende en spoedige aksie neem in geval van ongunstige afwykings.

 

Ø          Akkurate rekordhouding

‘n Goeie boekhouer/rekenmeester is essensieël vir goeie finansiële bestuur en hy/sy moet:

 

·    n Doeltreffende boekhoustelsel in stand hou.

·    Aan die ondernemer tersaaklike, tydige en akkurate finansiële inligting verskaf.

·    Beheersisteme oor ondernemingsbates soos kontant, debiteure, voorraad en vaste bates instandhou.

 

Ø            Kundige professionele ondersteuning

        Professionele rekeningkundige ondersteuning is onontbeerlik vir suksesvolle finansiële bestuur en wel op die volgende terreine:

 

·    Hulp met die instelling van doeltreffende en vaartbelynde finansiële beplanning- en beheersisteme.

·    Opleiding van personeel.

·    Beplanning vir die minimalisering van belastinglas.

 

 

v         WAT BEHELS FJS FINANSIËLE DIENSTE SE WAARDESKEPPER DRIEHOEK EN WATTER VOORDELE IS DAAR VIR DIE SAKE-ONDERNEMING DAARIN?

 

Deur die integrasie van ondernemersbetrokkenheid, rekordhouding en professionele ondersteuning in een harmonieuse en vaartbelynde geheel kan maksimale waarde teen lae koste ontsluit word en wel op die volgende wyses:

 

Ø                  Ondernemersbetrokkenheid

 

·    Hulp met die opstel van sakeplanne en begrotings waardeur duidelike bestuursdoelwitte gestel word.

·    Ontwerp van finansiële verslaggewing om te voldoen aan die spesifieke behoeftes van die ondernemer en die ontleding en vertolking daarvan.

·    Hulp met die implementering van aksies om afwykings reg te stel.

 

Ø                  Rekordhouding

 

·    Hulp met die implementering van ‘n doeltreffende boekhoustelsel wat die mees geskikte boekhouprogramme insluit.

·    Die opstel van ‘n posbeskrywing vir die boekhouer en ander boekhoupersoneel, die gee van indiens-opleiding en doen van periodieke monitering.

·    Vestiging van doeltreffende beheerstelsels oor bates.

 

Ø                  Professionele ondersteuning

 

FJS Finansiële Dienste kan:

 

·    Die ondernemer self bemagtig om sy boekhoustelsel so te benut dat dit die winsgewindheid van sy onderneming wesenlik verhoog sonder dat dit baie van sy produksietyd in beslag neem.

·    Bestaande boekhoupersoneel sodanig bemagtig dat dit die indiensneming van hoogopgeleide, duur rekeningkundige personeel onnodig maak en op dié wyse baie koste kan bespaar.

·    Die nodige professionaliteit tot die finansiële bestuur van die onderneming toevoeg wat onder andere kan uitkristalliseer in wesenlike belastingbesparings.

 

v                 ALGEMEEN

 

Met die skepping van die dinamiese driehoek tussen ondernemer, boekhouer en professionele rekenmeester kan koste bespaar en waarde ontsluit word deur die optimale benutting van reeds-bestaande menslike hulpbronne.

Die program is hoofsaaklik ontwerp vir klein en middelslag ondernemings maar kan maklik aangepas word vir groter ondernemings.

 

 

 

PIKETBERG
Adres: Langstraat 101, Posbus 339, Piketberg, 7320
Tel: (022)  913 2353/913 2391 | Faks: (022)  913 1482 | Sel: 082  493 3785
E-pos: strausse@xsinet.co.za