|
|
|
BELASTING-
EN FINANSPLAN VIR KLEIN
ONDERNEMINGS v KLEIN
ONDERNEMERS HET BESONDERE BEHOEFTES Sover dit
belasting en finansies betref, het
die klein ondernemer
die volgende behoeftes: * Hy wil seker wees dat hy aan alle wetlike vereistes voldoen, ten einde nie met die Ontvanger probleme te
hê nie.
* Hy
wil graag sy belastinglas
tot ‘n absolute minimum beperk. * Hy wil
graag ingelig
bly oor die stand van die finansies van sy onderneming.
* Hy
wil beheer
oor sy onderneming
se finansies hê.
* Hy
wil dit alles
met die mins-moontlike
tyd en
teen die laags-moontlike
koste bereik. v BELASTING- EN FINANSPLAN FJS
Finansiële Dienste se Belasting- en Finansplan is ‘n professionele produk wat
spesifiek ontwikkel is om te
voorsien in die behoefte van die klein ondernemer
en dit behels die volgende: Ø Die voltooiing
en indiening van alle wetlik-vereiste
vorms en opgawes. Ø Die volledige
benutting
van die beskikbare
belastingvoordele
van Kleinsake Korporasies (KSK’s).
Dit
behels die volgende: · KSK’s is ‘n paar
jaar gelede ingestel
deur Art 12E van
die Inkomstebelasting-wet
en bied die heel
laagste belastingtariewe
van alle ondernemingsvorms. Op
‘n netto-inkomste van
R300 000 sal ‘n KSK
tans R24 000 (8%), ‘n individu
R57 000 (19%), ‘n gewone
maatskappy of BK R84
000 (28%) en ‘n trust R120 000 (40%) betaal. Met vindingryke beplanning kan ‘n KSK se belastinglas afgebring word tot so laag as R15 800 (5%). · KSK’s geniet
die beste
slytasietoelaes.
Algemene toerusting kan
binne drie jaar
afgeskryf word en vervaardigingstoerusting binne een
jaar. · ‘n KWB-korting van R900 000 geld wanneer 'n
besigheid verkoop en daar aan sekere vereistes voldoen word. (Die
voordele is beskikbaar vir ondernemings
met ‘n omset van tot
R14 miljoen en is ook beskikbaar
vir boere. Vir
ondernemings wat nie
kwalifiseer vir KSK-voordele
nie, is daar baie
ander belastingbeplanningsgeleenthede om te
benut, insluitende die optimale aanwending
van trusts). Ø Onder ons
Belasting-
en Finansplan help
ons klein
ondernemings om
die belastingvoordele
van KSK’s te benut. Dit
behels die volgende: · Verskaffing van inligting
en doen van beplanning vir die gebruik
van KSK’s. · Die oprigting
van die vereiste strukture en verfyning van bestaande strukture. · Die mees
belastingdoeltreffende
oordra van die
bates, die opening van bankrekeninge
en registrasie vir statutêre
doeleindes, soos vir
Inkomste-belasting
en BTW. Ø Die plan behels verder
die volgende: · Die instelling
en/of verdere verfyning van ‘n boekhoustelsel
wat daarop gerig
is om aan die ondernemer
tersaaklike, tydige en korrekte inligting
oor sy besigheid
te verskaf. · Die instelling
en/of verfyning van beheersisteme
oor vaste bates, bankreke-ninge, debiteure, krediteure en voorraad. · Hulp met finansiële
en operasionele beplanning, opstel van sakeplanne, begrotings, kontantvloeistate
en finansiële state. v WATTER VOORDELE
IS DAAR VIR DIE KLEIN ONDERNEMER ONDER ONS BELASTING- EN FINANSPLAN? Ø Wesenlike belastingbesparings: In een
jaar alleen kan ±R63 000 teenoor ‘n gewone maatskappy
of BK bespaar word met
‘n relatief lae inkomste
van R300 000. Vir hoër
inkomstes en veral binne
familiebesighede
en –boerderye kan
die besparings oor verskeie
jare enorme bedrae
beloop. Ø ‘n Dinamiese
en vaartbelynde boekhoustelsel:
Dis
‘n boekhoustelsel wat so aangelê
en bedryf word dat die ondernemer
dit as ‘n effektiewe bestuursinstrument kan gebruik
en die koste in verband daarmee
nie net ‘n dooie, onproduktiewe
las is nie. Ø Doeltreffende beheer
oor bates: Hierdeur kan
die ondernemer sy bates behoorlik
beskerm en beheer en skades en
verliese tot die
minimum beperk. v ALGEMEEN Ø Die plan is daarop gerig
om administratiewe rompslomp uit die hande
van die ondernemer te neem
ten einde hom in staat
te stel om
homself op ‘n bevredigende wyse toe te
lê op sy besigheid
se waardeskeppende aktiwiteite. Ø Ondernemings wat
reeds rekenmeesters het, het
nie nodig om van rekenmeester te verander
wanneer hulle van ons dienste
gebruik maak nie. Ons
dienste kan
beperk word tot
die beplannings- en/of implementeringsfase. Ø Ons werk
teen fooie wat vir
klein
ondernemings bekostigbaar is.
Voorafberaminge
kan
gegee word en ons verwag
slegs dat ons
rekeninge betaal word as ons vir
kliënte waarde geskep
het
**************************************
Vir meer besonderhede oor ons dienste of vir ‘n onderhoud skakel ons asseblief by:
Telefoon : 022 – 913 2353 Faks : 022 – 913 1482 Sel
: 082 – 493 3785 E-pos:strausse@xsinet.co.za
Langstraat 101, Piketberg www.waardeskepper.co.za
************************************** EIENAAR: FRIKKIE STRAUSS : MA, B.Compt, NDFB, CFP, Professionele Rekenmeester
*************************************
PIKETBERG
|