FINANSIËLE
BEPLANNING
‘N TOTALE EN
GEÏNTEGREERDE BENADERING
FJS Finansiële Dienste lewer ‘n omvattende
finansiële beplanningsdiens wat na ‘n kliënt se behoeftes in geheel kyk en
daarop gerig is om maksimale waarde te skep. Die basis daarvan is goeie
rekordhouding en betroubare inligting. Die dienste wat ons lewer, kan
verdeel word in korporatiewe en persoonlike beplanning.
Ons dienste word aangebied in die vorm van professionele modules wat ontwerp
is om aan die behoeftes van spesifieke kategorieë van kliënte te voldoen.
Dit behels die volgende:
KORPORATIEWE
BEPLANNING
Om aan die
behoeftes van die private ondernemer te voldoen, bied ons die volgende
dienste aan:
v DINAMIESE
BOEKHOUDING
Ons dinamiese
boekhoudingsplan is daarop gerig om aan die ondernemer tersaaklike, korrekte
en tydelike inligting te voorsien wat kan dien as basis vir besluitneming en
as hulpmiddel om sy winste te verhoog, sy kontant doeltreffend te bestuur en
sy belastinglas op minimum vlakke te hou.
v BELASTINGBEPLANNING:
‘N BAIE WINSGEWENDE BELEGGING
Hierdie module is
daarop gerig om, deur ‘n sistematiese denkproses en pro-aktiewe aksie, al die
beskikbare geleenthede vir belastingbesparing ten volle te benut. Deur ‘n
kort belastingoudit kan ons vinnig vasstel wat die potensiële belastingbesparing
vir ‘n kliënt kan wees en ongeveer hoeveel ‘n professionele
belastingbeplanning kan kos.
v BELASTING- EN
FINANSPLAN VIR KLEIN ONDERNEMINGS
Klein en
mikro-ondernemings het baie spesifieke behoeftes sover dit boekhouding en
finansiële bestuur betref en daar is ‘n baie gunstige belastingbedeling vir
hulle geskep. Deur hierdie plan kan hierdie voordele benut word. Vir
middelslag ondernemings met hul eie boekhouers het ons die Die
Waardeskepper Driehoek ontwerp wat daarop gerig is om die insette van
ondernemer, boekhouer en professionele rekenmeester op ‘n geïntegreerde wyse
te benut vir ‘n doeltreffende finansiële bestuursmeganisme.
v FINANSIES VIR DIE
PROFESSIES
Anders as met klein
ondernemings is daar vir professionele lui geen aansporings- of
ondersteuningsmaatreëls beskikbaar nie en verg dit besondere vindingrykheid
van hulle om winsgewend te wees. Hierdie is ‘n model vir die dinamiese
finansiële bestuur en pro-aktiewe belastingbeplanning vir professionele
praktyke.
v DIE DINAMIEK VAN
DOELWITBESTUUR
Daar is ‘n Engelse spreekwoord wat
lui: “Failing to plan, is planning to fail”. Die Afrikaanse weergawe daarvan
is: As jy nie ‘n doelwit het nie, sal jy dit behaal! Doelwitstelling en die
bestuur daarvan is van kritiese belang vir die welslae van enige
sake-onderneming. Dis waaroor hierdie model handel.
v DIE
KONTANTVLOEISKEPPER
Krediet het ‘n
inherente deel van die ekonomiese lewe in ons moderne samelewing geword.
Baie ondernemings moet noodwendig krediet verskaf om sake te kan doen en die
wyse waarop dit bestuur word, is deurslaggewend vir die finansiële welslae
van sodanige ondernemings. Deur gesonde kredietverlenings- en
–beheerpraktyke toe te pas, kan die uitdagings op hierdie gebied te bowe
gekom word en selfs nuwe geleenthede geskep word. FJS Finansiële Dienste
kan hiermee behulpsaam wees.
PERSOONLIKE
BEPLANNING
Private ondernemers
het ook persoonlike behoeftes en verpligtinge en die voldoening en nakoming
daarvan verg gesonde en versigtige beplanning. Op hierdie gebied is ondernemers
dikwels die slagoffers van finansiële adviseurs wat eerder hulle eie
finansiële belange as dié van hulle kliënte bevorder. Die diens wat ons
lewer het ‘n balans tussen korporatiewe en persoonlike belange ten doel. Dis
‘n volkome onafhanklike diens wat suiwer op waardeskepping vir die kliënt
gerig is. Ons het geen kommissie-ooreenkomste met versekeringsmaatskappye of
beleggingshuise nie en ontvang slegs professionele fooie as vergoeding vir
ons dienste. Die volgende persoonlike beplanningsmodules is reeds ontwikkel.
v TESTAMENT-
EN TRUSTPROGRAM
Hierdie
module is daarop om te verseker dat ‘n ondernemer se persoonlike boedelplan
aan die vereiste wetgewing voldoen, in sy afhanklikes se behoeftes kan
voorsien en prakties uitvoerbaar is. Dit word gedoen deur ‘n testament- en
trustoudit en die implementering van voorstelle wat daaruit mag voortvloei.
v BOEDELBEREDDERING: 'N PRO-AKTIEWE BENADERING
Die
proses van die bereddering van 'n bestorwe boedel kan baie duur,
tydrowend en erg ontwrigtend vir die agtergeblewe afhanklikes van die
gestorwene wees. Deur pro-aktiewe beplanning kan die proses egter baie
goedkoper wees, gouer afgehandel word en gevolglik minder ontwrigtend
vir alle betrokkenes wees.
v DIE
WAARDESKEPPER BELEGGINGSPLAN VIR PRIVATE BELEGGERS
Hierdie
diens is gerig op die spesifieke beleggingsbehoefte van die private
belegger. Dit bestaan uit die beplanning, plasing en deurlopende advies oor
die bestuur van beleggings.
v EIENDOMSBEPLANNING:
‘N ONAFHANKLIKE PROFESSIONELE DIENS
Eiendomme
vorm gewoonlik die grootste deel van die gewone individu se bateportefeulje
en hierdie diens is gerig op die ontsluiting van maksimale waarde uit
eiendomme. Dit behels onder andere die doen van waardasies.
v AFTREDEBEPLANNING:
’N ZERO-GEBASEERDE PROSES
Gevestigde
sienings oor aftrede is besig om te verander. Deur hierdie proses, wat die
basiese feite en behoeftes as uitgangspunt neem, probeer ons saam met die
kliënt by ‘n sinvolle lewensveranderingsplan uitkom.
v RISIKOBEPLANNING:
‘N ELEMENTÊRE EN GEBALANSEERDE BENADERING
Die doel
van hierdie beplanning is om by ‘n optimale risiko-dekking vir die kliënt uit
te kom deur die elementêre beginsels van risikobestuur toe te pas.
Ø PROFESSIONELE EN
REGULATORIESE ASPEKTE
FJS Finansiële
Dienste
voldoen aan al die regulatoriese vereistes om ‘n persoonlike finansiële
beplanningsdiens te lewer en is by die Raad op Finansiële Dienste
gelisensieër as ‘n verskaffer van finansiële dienste (FSP 38730). Sien
asseblief die item Openbaarmaking elders op ons webtuiste vir meer
besonderhede.
**************************************
Vir
meer besonderhede oor ons dienste of vir ‘n onderhoud skakel
ons
asseblief by:
Telefoon : 022 –
913 2353 Faks : 022 – 913 1482
Sel : 082 – 493
3785 E-pos:strausse@xsinet.co.za
Langstraat
101, Piketberg www.waardeskepper.co.za
**************************************
EIENAAR:
FRIKKIE STRAUSS : MA,
B.Compt, NDFB, CFP, Professionele Rekenmeester
*************************************

PIKETBERG
Adres: Langstraat 101,
Posbus 339, Piketberg, 7320
Tel: (022) 913 2353/913 2391 | Faks: (022) 913 1482 | Sel: 082 493 3785
E-pos: strausse@xsinet.co.za
| Ons beskik ook oor kantoorfasiliteite in Bellville en Citrusdal |