
BO
BLINK ONDER GLINSTER
v INLEIDING
Die
steeds stygende goudprys is tans ‘n belangrike onderwerp van bespreking in
die finansiële markte. Die vraag in almal se gedagtes is: Gaan die
goudprys verder styg en indien wel, tot welke vlakke? Die antwoord op dié
vraag sal bepaal of beleggers in goud en goudverwante instrumente sal belę of
nie.
Die
rigting wat die goudprys sal inslaan, lę in die toekoms en die toekoms is aan
ons almal onbekend. Daarom sal ons nie ‘n uitspraak daaroor waag nie. Die
prys van goud word egter deur sekere definitiewe, identifiseerbare faktore
beďnvloed. Solank hierdie faktore die goudprys ondersteun, sal dit
waarskynlik bly styg. Indien die faktore negatief draai, sal die prys
waarskynlik daal. In hierdie evaluering sal die onderliggende faktore
ontleed en die verwagte invloed daarvan op die goudprys beoordeel word. Die
evaluering sal aan die hand van die volgende temas gedoen word:
¨
Die
aard van goud en die funksie wat dit in die finansiële markte vervul.
¨
Die
vernaamste rolspelers in die goudmarkte
¨
Die
faktore wat die prys van goud in die algemeen beďnvloed
¨
Die
vernaamste faktore wat vir die huidige styging in die goudprys
verantwoordelik is en die verwagte volhoubaarheid daarvan
¨
‘n
Goud as ‘n beleggingsbate
v DIE AARD EN FUNKSIE VAN GOUD IN DIE
FINANSIËLE MARKTE
Goud
is sedert die vroegste tye aan mense bekend en speel ‘n belangrike rol in
mense se lewens. Ons lees reeds daarvan in die tweede hoofstuk van die eerste
boek van die Bybel tot in die tweede laaste hoofstuk van die laaste boek van
die Bybel. Dit is hoogs onwaarskynlik dat goud in hierdie dispensasie van
die mens se bestaan sy waarde sal verloor. Saam met silwer, platinum en
enkele ander metale word dit in die kategorie van edelmetale geplaas. In die
Westerse lande is daar min mense wat nie ‘n artikel besit wat goud bevat
nie. Ook in Oosterse lande soos China en Indië word goud in toenemende
mate as ‘n statussimbool beskou en skerp groei In die aanvraag na goud word
ondervind. Vanweë sy duursaamheid en besondere aantreklike voorkoms het goud
verskillende waardes in die menslike samelewing aangeneem. Die vernaamste
daarvan is die volgende:
·
Goud is ‘n aanvaarde betaalmiddel. Sedert die vroegste tye is goud as betaling vir
goedere en dienste aanvaar. Die toetrede van papiergeld het hierdie funksie
van goud in ‘n groot mate oorgeneem, maar vir baie eeue daarna was die
geldeenhede van die meeste lande nog op een of ander wyse aan goud gekoppel.
Sentrale banke hou vandag nog duisende tonne goud as reserwebetaalmiddel.
·
Goud word beskou as ‘n beleggingsbate. Mense koop goud omdat hulle vertroue het in die
stabiliteit van die finansiële waarde van goud. Goud word gesien as ‘n
verskansing teen moontlike finansiële verliese in tye van politieke en
ekonomiese onsekerheid. Mense glo ook dat dit op die langtermyn in waarde sal
toeneem. Goud verdien nie rente of dividende nie en dit kan nie verhuur word
soos ‘n huis of ‘n gebou nie. Sy beleggingsopbrengs is wesenlik geleë in sy
potensiaal tot waardevermeerdering of kapitaalgroei.
·
Goud word gesien as ‘n spaarmedium.
·
Die besit van goud word geassosieër met welvaart.
·
Goud het versierings-, prestige- en seremoniële
waarde. Daarom word dit in juwele en ander kunsvoorwerpe gebruik.
·
Goud het industriële waarde.
v DIE VERNAAMSTE ROLSPELERS IN DIE
GOUDMARK
Die
rolspelers in die goudmark kan basies in twee groepe verdeel word naamlik die
verskaffers
van goud en die kopers of gebruikers van goud.
Die
verskaffers van goud val hoofsaaklik in die volgende kategorieë:
·
Produksie deur goudmyne
·
Verkope deur sentrale banke
·
Herwinning van goud in die vorm van skrootmetaal, komende
van juweliers en ander goudindustrieë.
·
Verkope deur spekulante en beleggers in beursverhandelde
fondse (BvFe)
Die
kopers/verbruikers van goud val weer in die volgende hoofgroepe:
·
Sentrale banke
·
Beleggers, hoofsaaklik in die vorm van
portefeuljebestuurders, verskansingsfondse, pensioenfondse, beursverhandelde
fondse en soewereine welvaartsfondse
·
Goudhandelaars en spekulante.
·
Juweliers.
·
Private individue.
Vir
elkeen van hierdie groepe het goud ‘n ander betekenis en waarde en koop hulle
goud om ander redes. Hulle het egter een gemeenskaplikheid: Indien
hulle verwag dat die prys van goud sal styg, sal hulle die metaal koop en die
prys sal waarskynlik verder styg. Indien hulle egter verwag dat die goudprys
sal daal, sal hulle hulle goud verkoop en die prys sal waarskynlik begin
daal. Dit is daarom belangrik om te weet watter faktore die
prys van goud in die algemeen beďnvloed en ook wat die vernaamste aandrywers
van die huidige styging in die goudprys is.
v DIE FAKTORE WAT DIE PRYS VAN GOUD IN
DIE ALGEMEEN BEĎNVLOED
Goud
val in ‘n klas van sy eie. By ander bateklasse soos aandele, effekte en
eiendomme is daar fundamentele maatstawwe om die beleggingswaarde daarvan te
bepaal. Die belangrikste daarvan is die verwagte potensiële verdienste
daarop. Dit word op sy beurt weer deur sekondęre, maar ook redelik
identifiseerbare maatstawwe bepaal, hoofsaaklik op makro-ekonomiese gebied.
Goud het nie ‘n verdienste-opbrengs nie en gevolglik oefen ekonomiese faktore
nie ‘n oorheersende invloed op sy prys uit nie. Die prys van goud word bepaal
deur ‘n unieke stel faktore, wat verwant is aan die spesifieke waardes wat
dit vir verskillende rolspelers het. Dit kan soos volg saamgevat word:
·
Indien vertroue in ander betaalmiddele afneem, sal die prys van goud styg en andersom.
·
Indien die inflasiekoers
styg, sal die prys van goud ook styg, en andersom.
·
Indien die waarde van ander beleggingsbates, in die vorm van verdienste-opbrengste en kapitaalgroei
daal, sal die prys van goud styg, en andersom.
·
Wanneer groot onsekerhede op
politieke, ekonomiese en finansiële terreine węreldwyd intree, sal die
goudprys styg. Indien sekerheid terugkeer, daal dit gewoonlik weer.
·
Indien die aanvraag deur juweliers en ander
industrieë toeneem, sal die prys van goud styg, en andersom.
·
Die aanbod van
goud is ‘n belangrike prysbepalende faktor. Indien die aanbod daal, sal die
prys styg, en andersom. Wanneer die aanbod daal en die aanvraag
terselfdertyd toeneem, kan daar dramatiese prysstygings kom. Die werking van
hierdie faktore in die huidige situasie sal vervolgens ondersoek word.
v DIE HUIDIGE AANDRYWERS VAN DIE
GOUDPRYS EN DIE VOLHOUBAARHEID DAARVAN
Ř DIE
WAARDE VAN ANDER GELDEENHEDE
Sentrale banke en valutahandelaars hou hulle reserwes in
die vorm van goud en geldeenhede waarvan hulle glo dat die waarde óf stabiel
sal bly óf sal toeneem. Die drie vernaamste geldeenhede wat vir hierdie doel
gehou word, is die Amerikaanse Dollar, die EEG se Euro en die Japanse Jen.
Vanweë verskeie faktore het die waarde van hierdie geldeenhede onder druk
begin kom. In hierdie verslag word daar hoofsaaklik op die Amerikaanse
Dollar gefokus en ook slegs op die twee belangrikste faktore wat die Dollar
laat verswak, naamlik die proses van geldskepping in Amerika en die groot
Amerikaanse staatskuld.
·
Geldskepping
Ten einde ‘n totale ekonomiese ineenstorting tydens die
kredietkrisis van 2008 en 2009 te voorkom, het die Amerikaanse Reserwebank
triljoene nuwe Dollars gedruk en daar word steeds daarmee voortgegaan. Dit
het gevolg op die geweldige kredietskepping in Amerika gedurende die
voorafgaande aantal jare. Hierdie geldskeppingsproses, sonder die
gepaardgaande skepping van nuwe bates, het swaar geweeg op die Dollar en
daarom het die Dollar-indeks, wat sy waarde teenoor ander geldeenhede meet,
sedert 2001 verminder van 120 na sy huidige ongeveer 80, dit wil sę met
een-derde. Bill Gross, bestuurder van die węreld se grootste effektetrust,
sę dat as Amerika voortgaan met sy huidige tempo van geldskepping, die Dollar
binne die volgende paar jaar 20% van sy huidige waarde kan verloor.
·
Amerikaanse
staatskuld
Soos baie Westerse regerings spandeer die Amerikaanse
regering jaarliks baie meer as hulle inkomste. Dit veroorsaak
begrotingstekorte wat uit lenings gefinansier moet word. Vir hierdie jaar
alleen is die beraamde begrotingstekort $1,6 triljoen of 11% van BBP. So
onlangs soos 2007 was dit slegs 1%. Volgens die berekening van Amerikaanse
staatskuld wat algemeen in beleggingskringe aanvaar word, staan dit tans op
$13 triljoen. Sedert 2007 alleen het dit met $4,3 triljoen toegeneem, en
dit is nog steeds besig om toe te neem. In ‘n Mineweb-artikel skryf
die bekende goudontleder Eric Sprott dat dit so hoog soos tussen $72 en $100
triljoen kan beloop. Die probleme kan dus selfs nog groter wees as wat dit
tans lyk.
Węreldwyd word daar in finansiële en beleggingskringe
bekommernis uitgespreek dat Amerika nie sy staatskuld sal kan betaal nie.
Die gewese president van die Amerikaanse Reserwebank, Alan Greenspan het
onlangs byvoorbeeld gesę dat Amerika nie in staat sal wees om sy
skuldverpligting na te kom nie en dit vergelyk met die Griekse
staatskuldkrisis.
Die IMF is ook baie bekommerd. In Augustus 2010 het
hulle sekere projeksies oor die Amerikaanse fiskale gaping gemaak wat die
Bloomberg-verslaggewer tot die gevolgtrekking laat kom “that the IMF has
effectively pronounced the US bankrupt”. Die sogenaamde fiskale gaping is
die verskil tussen die huidige waarde van geprojekteerde inkomste en uitgawes
vir toekomstige jare. Die Bloomberg-verslaggewer het dit bereken op $202
triljoen, meer as 15 keer die huidige amptelike staatskuld.
‘n Baie duidelike teken van bekommernis oor Amerikaanse
staatskuld het baie onlangs van die kredietgraderingsagentskap Moody’s gekom
toe hulle soos volg verklaar het: “Although no rating is contemplated at
this time, the time frame for possible future actions appears to be
shortening, and the probability of assigning a negative outlook in the coming
years is rising.” Die invloedryke finansiële tydskrif The Financial Times
skryf dat Amerika ongeveer 40c leen van elke Rand wat hy spandeer en
vervolg verder: “If the political system cannot forge some kind of consensus
or steps to restore US deficits to sustainable levels, the danger is
potentially even greater: a sovereighn debt crisis in the world’s largest
economy.” Volgens Moody’s is die verhouding van Amerikaanse staatskuld tot
staatinkomste 426%, die hoogste van alle Aaa-gegradeerde lande, meer as
dubbeld dié van Duitsland, Frankryk en Brittanje. Moody’s het kort vantevore
Japanse staatskuld afgegradeer.
Die bogenoemde twee faktore tesame met ander faktore
veroorsaak dat beleggersvertroue in die Dollar begin afneem en in ‘n steeds
dalende tendens is. Suggesties van ‘n alternatiewe geldeenheid word van tyd
tot tyd gehoor. Volgens Blanchard Gold het
die Chinese president onlangs na die Dollar-oorheersde internasionale
geldstelsel as ‘n produk van die verlede verwys. Selfs die hoofde van die
twee mees invloedryke internasionale finansięle instellings naamlik die IMF
en die Węreldbank het onlangs gesę dat goud ‘n plek in die węreld se
geldstelsel behoort te hę. Die bekende goudontleder David Levenstein skryf in
die Rand Refinery Daily Gold Update dat Rusland en China besluit het
om hulle eie geldeenhede vir bilaterale handel te gebruik en nie meer die
Dollar nie. Volgens die Wall Street Journal het die Russiese sentrale bank onlangs gesę dat 100 ton
goud elke jaar aangekoop gaan word om hulle goudreserwes aan te vul. Dit het
ook begin bekend raak dat Oosterse sentrale banke, wat
meeste van hulle reserwes in Dollar hou, na alternatiewe instrumente begin
omskakel en goud is een daarvan. Indien hulle op ‘n wesenlike skaal begin
Dollars verkoop, kan dit die Dollar verder onder druk plaas. Volgens ‘n
Bloomberg-berig het die Dollar se huidige aandeel van 37% in nuwe reserwes
reeds geval vanaf 63% in 1999.
In sommige kringe is die Euro as ‘n
alternatiewe reserwegeldeenheid gesien. Die groot begrotingstekorte en
reusagtige staatskulde in die Euro-lidlande soos Griekeland, Portugal,
Spanje, Ierland en Italië sowel as die politieke skokke wat die Europese Unie
enkele jare vantevore gekry het, het egter die potensiële status aan die Euro
as reserwegeldeenheid ‘n knou gegee waarvan hy nie gou sal herstel nie.
Vanweë die insinking in die Japanse ekonomie gedurende
die afgelope 20 jaar het die Jen ook nog nie sy status as ‘n
reserwegeldeenheid herwin nie. Japan se staatskuld is drie keer so groot
soos sy jaarlikse BBP van $5 triljoen.
Die Węreld Ekonomiese Forum het voor sy jongste
vergadering in Davos in ‘n verslag gesę dat die węreld in sy geheel aan ‘n
hoë risiko van soewereine wanbetaling blootgestel is. Dit lyk dus asof die
omstandighede gunstig is vir goud om ‘n toenemende rol as reserwegeldeenheid
te begin speel.
Ř DIE
INFLASIEKOERS
Die inflasiekoers dien as ‘n belangrike maatstaf vir die
beoordeling van die wenslikheid van beleggings. Indien die opbrengs van ‘n
bepaalde belegging laer as die heersende of verwagte inflasiekoers is, sal
dit sy aantreklikheid verloor omdat dit beteken dat die koopkrag van die
belegging in relatiewe terme verminder. In tye van stygende inflasie,
wanneer die opbrengs op ander beleggingsbates tot onder die inflasiekoers
daal, sal goud se aantreklikheid toeneem. Dat inflasie ‘n invloed op die
goudprys kan hę, is inderdaad so. David Levenstein wys in ‘n artikel in Mineweb
daarop dat, sedert die Tweede Węreldoorlog, gedurende die vyf jare van 1946,
1974, 1975, 1979 en 1980 inflasie op sy hoogste was in die VSA. Gedurende
hierdie vyf jare was die gemiddelde opbrengs op die Dow Jones –12% terwyl
goud 130% opgelewer het.
In die nadraai van die kredietkrisis het inflasie tot
rekordvlakke gedaal, veral in ontwikkelde ekonomieë. Die skerp styging in
hulpbronpryse gedurende die laaste helfte van 2010 en die herstel in
verbruikersaanvraag het egter veroorsaak dat inflasie in verskeie
ontwikkelende ekonomieë gestyg het en inflasieverwagtinge het begin vorm
aanneem. Dit kan die goudprys ondersteun.
Ř BEWEGINGS
IN DIE WAARDES VAN ANDER BELEGGINGSBATES
Die goudprys word beďnvloed deur die werklike en verwagte
bewegings in die waardes van en opbrengste op ander beleggingsbates. Indien
dit in die geval van ander beleggingsbates styg of moontlik in die toekoms
kan styg, sal die belangstelling in goud afneem en gevolglik ook die prys.
Die teendeel sal ook waar wees. Die verwagte bewegings van enkele
bateklasse word hier in oënskou geneem.
·
Aandele
Prysbewegings van aandele word fundamenteel bepaal deur
die werklike en verwagte verdienste-opbrengs. Dit word op sy beurt weer
bepaal deur ‘n aantal faktore waarvan ekonomiese groei die belangrikste is.
Die eindbepaler van ekonomiese groei is besteding deur huishoudings,
regerings en sake-ondernemnings. Die vraag is dus: Gaan hierdie besteding
binne die afsienbare toekoms plaasvind of nie? Ons kan nie sien dat dit op
‘n beduidende skaal gaan gebeur nie. Tog rapporteer maatskappye op ‘n
volgehoue basis merkwaardige groei in verdienstes. Dit veroorsaak dat
beleggersentiment teenoor aandele positief is en verdere stygings in
aandelepryse kan verwag word. Dit kan weer meebring dat beleggings in goud,
veral onder Westerse spekulatiewe beleggers, omgeskakel word na aandele, wat
‘n tydelike afwaartse druk op die goudprys kan plaas.
·
Staatseffekte
Rentekoerse op staatseffekte van Westerse regerings is op
dekadeslange of selfs rekordlaagtepunte en vanweë die gedempte ekonomiese
groei in hierdie lande is dit onwaarskynlik dat rentekoerse binne afsienbare
toekoms beduidend sal styg.
·
Kontant
Alle beleggings in geldmarkte en by private banke word
onder hierdie term ingesluit. Soos in die geval van staatseffekte is
bestaande en verwagte rentekoerse op laagtepunte en hierdie twee beleggings
word tans nie gesien as mededingers vir goud nie.
·
Eiendomme
Opbrengste op eiendomme word hoofsaaklik bepaal deur
huurwinste en kapitaalgroei. Vanweë die beperkte vooruitsigte in ekonomiese
groei is die verwagtinge vir opbrengste op eiendomme in Westerse lande, waar
die grootste mark vir eiendomme is, nie baie goed nie.
·
Hulpbronne
Alhoewel hulpbronne soos basismetale, landbouprodukte,
ens. nie in die beleggingsteorie as ‘n bateklas erken word nie, word groot
bedrae geld deur middel van termynkontrakte in hulpbronne belę. Die stygende
hulpbronpryse kan ‘n beperkte mededinger vir goud word.
Ter opsomming kan gesę word dat die verwagte styging in
aandele- en hulpbronpryse wel op die kort- tot middeltermyn ‘n demper op die
goudprys kan plaas, veral sover dit Westerse beleggers betref. Westerse
goudbeleggers word egter relatief minder teenoor Oosterse beleggers en
gevolglik ook hulle invloed op die goudprys.
Ř ONSEKERHEDE
Wanneer onsekerhede op politieke en finansiële gebiede in
die węreld intree, raak finansiële markte senuagtig en kan grootskaalse
verkope van beleggingsbates plaasvind uit vrees vir moontlike finansiële
verliese. Dit het gebeur na die Asiatiese geldkrisis van 1998, die
11/9-gebeurtenis in New York en tydens die Irak-oorlog. Die kredietkrisis
van 2008/2009 het die grootste verliese in aandelepryse sedert die groot
depressie van die 1930’s veroorsaak, terwyl die onsekerhede rondom groot
staatskulde en begrotingstekorte in ontwikkelde ekonomieë gedurende die afgelope
tyd die vertroue in geldeenhede soos die Dollar en die Euro erg ondermyn
het. Dit verhoog die vloei van beleggings na goud. Behalwe die
reedsgenoemde onsekerhede rondom geldeenhede en staatskulde was daar tot
enkele weke gelede nie enige groot onsekerhede wat die goudprys opwaarts kon
dryf nie. Dit het egter skielik verander met die politieke onrus in Tunisië,
Egipte, Libië en ander Arabiese lande en die goudprys het skerp gestyg.
Ř INDUSTRIËLE
EN SEREMONIËLE VRAAG NA GOUD
Daar is altyd ‘n vraag na goud vir verwerking in
juweliersware en ander nywerheidsprodukte, maar dit het nie ‘n baie groot
uitwerking op die goudprys nie. ‘n Nuwe faktor het egter gedurende die
afgelope aantal jare na vore getree. Met die groot ekonomiese ontploffings
in China, Indië en ander opkomende ekonomieë is daar nou baie meer mense wat
goudjuwele koop as voorheen en die industriële vraag na goud kan ‘n groter
invloed begin uitoefen as tevore. Goud speel ook ‘n baie belangrike rol in
huwelikseremonies en ander feeste in hierdie lande.
Ř DIE
AANBOD VAN GOUD
Die prys van enige produk of diens word bepaal deur die
verhouding tussen die aanvraag en aanbod daarvan en soos hierbo uiteengesit,
kan daar geen twyfel wees dat die aanvraag na goud besig is om uit verskeie
oorde toe te neem nie. Terselfdertyd het die aanbod gedurende die afgelope
kwarteeu afgeneem. Met verwysing na die verskaffers van goud soos vroeër in
hierdie artikel genoem, kan die volgende inligting verskaf word:
-
Die verkope van goud deur sentrale banke was tot baie onlangs ‘n belangrike bron van voorsiening
van goud aan die mark. Dit het egter sedert 2008 ingrypend verander.
Verkope van goud deur sentrale banke in Westerse lande het vir die alle
praktiese doeleindes tot stilstand gekom terwyl sentrale banke in Oosterse en
Arabiese lande hulle goudreserwes met groot hoeveelhede aanvul. Volgens Mineweb
het sentrale banke in 2009 meer as 400 ton goud gekoop. Die Chinese Sentrale
Bank alleen het tussen 2003 en 2009 goudreserwes verhoog van 600 ton na 1000
ton en volgens Blanchard Gold is daar ‘n koor van Chinese amptenare
en adviseurs wat die regering aanmoedig om in goud te belę. Mineweb
berig dat die voorsitter van ‘n kommissie wat deur die regering aangestel is
om die kwessie van goudreserwes te ondersoek, gesę het dat die kommissie
voorgestel het dat goudreserwes in die volgende 3 – 5 jaar verhoog word na
6000 ton. Dit is ook die hoeveelheid goud wat China nodig het om sy
goudreserwes in lyn met dié van Westerse sentrale banke te bring.
-
Die ontginning van goud deur goudmyne het skerp afgeneem, hoofsaaklik vanweë die daling in die
goudprys wat sedert die vroeg tagtigerjare ingetree het, alhoewel die
goudprysstygings van die afgelope tyd die ontginning van goud meer finansieël
lewensvatbaar gemaak het. Dit neem egter lank om ‘n nuwe goudmyn in
produksie te kry en produksiekostes is geweldig hoog, veral in Suid-Afrika
waar goud baie diep onder die aarde uitgehaal word. Daar word ± 2400 ton
goud per jaar geproduseer.
-
Die stygende goudprys
het herwinning
van goud ‘n proposisie gemaak en heelwat goud kom op die wyse op
die mark beskikbaar. Dit kan by tye ‘n demper op die goudprys plaas, maar op
die langtermyn is dit nie ‘n groot faktor nie.
v BEWEGINGS IN DIE GOUDMARK
In
die afdelings hierbo is hoofsaaklik gefokus op die aantreklikheid van ander
beleggingsbates relatief tot goud. In hierdie afdeling word gefokus op
enkele fasette van die goudmark self, naamlik aankope van goud, bewegings in
die goudprys in vergelyking met dié van ander beleggingsbates en die verwagte
prysbewegings oor die volgende jaar of twee.
Ř GOUDAANKOPE
Mense wat in goud wil belę, kan goudstawe, goudmunte,
aandele in beursverhandelde goudfondse, goudmynmaatskappye of goudgebaseerde
effektetrusts koop of dit bloot as juweliersware aanskaf. Die inligting wat
hieronder gegee word, is op ‘n lukraak basis uit die finansiële media
geselekteer:
§ Die verkope van goudstawe en –munte het gedurende die
afgelope twee jaar eksponensieël toegeneem. Sommige vervaardigers van
goudmunte moes by tye tydelik sluit omdat hulle nie aanvraag kon hanteer
nie. In Duitsland en Japan kan kleiner goudmunte by OTM’s gekoop word en in
Indië by Poskantore. Enkele syfers gee ‘n prentjie van die tendense:
-
Die Chinese regering loods voortdurende aksies om sy
burgers aan te moedig om in goud te belę. Per capita besteding op
juweliersware en goudbeleggings het tussen 2000 en 2009 gestyg vanaf $2 tot
$10. Volgens Mineweb het Chinese goudinvoere in 2010 met 500%
toegeneem en Indië s’n met 46%.
-
Die Switserse goudsmelter Argor Heraeus het in Junie 2010
bekend gemaak dat verkope van een-ons-goudstawe 10 tot 12 keer meer is as aan
die begin van die jaar.
-
Die Oostenrykse goudmunt (een van die vyf grootstes in
die wëreld) se verkope van goudmunte het vanaf 137 000 in 2007 tot 1 600 000
in 2009 gestyg.
§ Tussen April 2006 en Maart 2011 het goud wat deur BVFe
gehou word vanaf ±600 ton tot ±2024 ton toegeneem en dit was al so hoog soos
2114 ton. In die eerste kwartaal van 2010 het dit alleen met 465 ton
toegeneem. Goud gehou deur SPDR Gold Trust, die grootste BVF in die węreld,
het sedert die begin van die staatskuldprobleme in Griekeland in April 2010
gestyg van 1100 ton tot ±1300 ton. Sedertdien het dit weer teruggesak.
Ř BEWEGINGS
VAN DIE GOUDPRYS IN VERGELYKING MET ANDER BELEGGINGSBATES
§ Vanaf die goudprys se laagtepunt van $256 per fynons in
2001 het dit gestyg tot sy intradag-hoogtepunt van $1445 op 7 Maart 2011,
dit wil sę met ±560%. Dit is die metaal se beste prestasie sedert 1920.
§ In dieselfde periode het die Dow Jones aandele-indeks
gestyg van ±8500 tot die huidige ±12000, dit wil sę met ±41%. Dieselfde kan
min of meer gesę word van die Britse en Europese beurse. Die JSE het bietjie
beter gevaar en gestyg vanaf ±10000 tot die huidige 32 000, dit wil sę met
220%. Opbrengs op beleggings in Amerikaanse staatseffekte sou waarskynlik in
die omgewing van 50% gewees het en in die geldmark nog minder.
§ Dis duidelik dat geeneen van die groot bateklasse ‘n
belegging in goud kon klop oor die afgelope tien jaar nie.
§ Interessantheidshalwe, sedert Krugerrande in 1967
bekendgestel is, het die prys daarvan gestyg vanaf R27 tot die huidige ±R10
000. Sedert President Nixon die Dollar in 1971 van goud ontkoppel het, het
die goudprys gestyg vanaf $38 tot die genoemde $1445.
Ř VERWAGTE
PRYSBEWEGINGS
Kenners en spelers in die goudmark gee van tyd tot tyd
hulle prysvooruitskattings vir die goudprys. Hieronder volg enkele
voorbeelde, wat op ‘n lukraak, sonder-om-uit-te-soek basis uit die finansiële
media gedurende Januarie en Februarie 2011 geneem is:
|
Instansie
|
Persoon
|
Prys in Dollar
|
Tydsraamwerk
|
|
America
Precious Metals Advisor
|
Jeff
Nichols
|
1700
|
Einde
2011
|
|
MKS
Finance
|
|
1780
|
Einde
2011
|
|
|
|
|
|
|
Religare
Commodities
|
|
1600
|
Einde
2011
|
|
|
|
|
|
|
US
Global Investors
|
Frank
Holmes
|
2600
|
2016
|
|
|
|
|
|
|
David
Hale Economics
|
David
Hale
|
2000
|
2015
|
|
Gold
Forecasters
|
Julian
Phillips
|
2000
|
Einde
2011
|
|
|
|
|
|
|
-
|
Nick
Barrisheff
|
2000
|
Einde
2011
|
|
|
|
|
|
|
-
|
Byron
Wien
|
1600
|
Einde
2011
|
|
|
|
|
|
|
Newmont
Mining
|
Richard
O’Brien
|
1400
|
Einde
2011
|
Ene Weldes Wilder, ‘n Nieu-Seelander wat al deur Forbes
en Baron’s geloof is vir sy vaardige markontledings het middel 2010 geskryf
dat die goudprys binne twee jaar op $5000 per fynons kan staan.
(Interessantheidshalwe, van die agt persone van wie ons
vooruitskattings vir einde 2010 gelees het, was slegs 2 bokant die $1433
waarop die goudprys gaan draai het.)
v RISIKO’S
Alhoewel die beleggingsverwagtinge rondom goud soos
hierbo geskets realisties en op fundamentele faktore gebaseer is, sal niemand
‘n waarborg uitreik dat dit so sal realiseer nie. In beginsel is daar dus
risiko’s. Die vraag is: Hoe groot is die risiko dat ‘n belegger sy kapitaal
wat in goud belę is kan verloor? Ons kan tussen ses vorms van risiko’s
onderskei, naamlik ‘n intrinsieke risiko, ‘n prysrisiko,’n wisselkoersrisiko,
‘n institusionele risiko,‘n politieke risiko en ‘n persoonlike risiko.
·
Die intrinsieke risiko
bestaan daarin dat goud fisies vernietig kan word, vergelykbaar met ‘n
maatskappy wat bankrot gaan. Dit kan nie gebeur nie.
·
Die prys van goud
kan egter daal, soos wat dit al gebeur het. Dit kan egter net gebeur as die
huidige stel finansiële omstandighede wat die goudprys tans dryf skielik
fundamenteel verbeter.
-
Daar is op die oomblik geen faktore wat die waarde
van die vernaamste geldeenhede in die węreld beduidend
kan laat toeneem nie.
-
Die waarskynlikheid dat die inflasiekoers verder sal daal is baie gering. Inflasie is in baie
lande reeds op rekordvlakke en is in ‘n stygfase.
-
Daar kan wel ‘n vloei van beleggersfondse na aandele
en hulpbronne plaasvind maar dis onwaarskynlik
dat dit so sterk sal wees dat dit die goudprys baie skerp sal laat daal.
-
Dit is onwaarskynlik dat die toestande wat tans onsekerheid
in die beleggingsmarkte veroorsaak, soos die
staatskuldprobleme, die swak vertroue in papiergeld en die wankelende
ekonomiese groei oornag sal verdwyn. Dit is diepgesetelde, strukturele
probleme wat oor ‘n lang tyd ontwikkel het en wat nie sommer sal ontknoop
nie.
-
Industriële,
juweliers- en seremoniële vraag na goud sal
waarskynlik bestendig bly vanweë die stygende persoonlike inkomste in baie
Oosterse lande.
-
Daar is geen rede om te dink dat die aanbod van goud beduidend sal toeneem nie.
·
Wisselkoerse kan verander, wat die prys van goud in ‘n bepaalde land
nadelig kan beďnvloed. Indien die Suid-Afrikaanse Rand byvoorbeeld versterk,
kan dit alle goudbeleggings wat Suid-Afrikaners in Suid-Afrika hou nadelig
beďnvloed. Op hierdie stadium word die Rand allerweë as redelik sterk beskou
en verdere versterking lyk onwaarskynlik.
·
Institusionele
risiko’s bestaan daarin dat finansiële probleme kan ontstaan by
die instellings deur wie goud gekoop kan word, hetsy deur swak bestuur of
deur bedrog.
·
Politieke
risiko’s kan ontstaan wanneer regerings ‘n nasionaliseringsbeleid
instel of politieke toestande in ‘n land onstabiel raak.
·
Persoonlike
risiko’s is geleë in die beleggingshorison van die belegger
self. Indien die belegging in goud oor ‘n lang termyn gedoen word, is die
risiko baie gering. Indien die beleggingstermyn te kort is, kan die belegger
geld verloor, want korttermyndalings in die goudprys kan voorkom. As die
belegger in so ‘n daalfase vanweë persoonlike omstandighede gedwing word om
sy belegging in goud te realiseer, kan daar vir hom verliese wees.
·
Geleentheidsrisiko’s kan nie heeltemal in dieselfde asem as die ander
risiko’s genoem word nie, omdat dit nie op moontlike kapitaalverliese
betrekking het nie. Dit kan gebeur dat ‘n belegger, deur in goud te belę,
die geleentheid mis om ‘n beter opbrengs op ander beleggings te verdien.
In Suid-Arika beloop opbrengskoerse in die geldmark, effektemark en
genoteerde eiendomme tans tussen 6 – 8% persent maar dit kan verder daal en
kapitaal is onderhewig aan infeasionęre erosie wat nie by goud die geval is
nie. Indien die huidige inflasiekoers van hierdie koerse afgetrek word, gee
dit ‘n reële opbrengs van tussen 1,5% en 3,5%. Daar is dus tans nie groot
geleenthede om te mis deur in goud te belę nie. Dit is egter wel moontlik om
op die korttermyn kapitaalgroei op aandele en moontlike winste op hulpbronverhandelinge
te verdien.
v GOUD ‘N BELEGGINGSBORREL?
Vanweë die betreklike skerp styging in die prys van goud
die afgelope tien jaar word die bekommernis soms uitgespreek dat goud ‘n
beleggingsborrel is wat kan bars. Gebaseer op die stand van die fundamentele
aandrywers van die goudprys soos hierbo geskets, is dit onwaarskynlik. Enkele
syfers kan meer gerustelling hieroor gee.
o Indien die goudprys vanaf ‘n hoogtepunt van $850 per ons
in 1980 teen die inflasiekoers oor die afgelope dertig jaar gestyg het, moes
dit tans op ± $2 300 per ons gestaan het.
o Die beleggingsmarkte is onderbelę in goud. Tans is ± 1 %
van alle finansiële bates węreldwyd byvoorbeeld in goudaandele en BVFe belę.
(Volgens ‘n Mineweb artikel ws die węreld se total finansiële bates in
2008 ongeveer $117 triljoen). Slegs ‘n verdubbeling van 2% sal die aanvraag
van goud laat toeneem met 85 000 ton, of ± 34 jaar se produksie. In 1932 was
20% van finansiële bates in goed belę en in 1980 26%. Die historiese
gemiddeld beloop 5%. Blanchard Gold bereken dat, as huidige
portefeuljes tot die vlak verhoog word, dit die aanvraag na goud sodanig sal
laat styg dat die prys tot $2000 sal klim.
o Slegs 5% van gewone mense besit goud as belegging. Die
verteenwoordig ± 30 000 ton goud. Die węreld se totale bogrondse goud word op
100 000 tot 180 000 ton geskat.
o Alhoewel die verkope van goudmuntstukke węreldwyd
dramaties toegeneem het, is die jaarlikse verkope van Krugerrande deur Rand
Refinery in Suid-Afrika tans nog steeds minder as die helfte van die
jaarlikse verkope gedurende die 10 jaar van 1974 tot 1984. Daar is dus nog
glad nie ‘n stormloop na goud nie.
o Tradisioneel was juweliersaanvraag na goud die hoofbron
van goudaanvraag. In die onlangse tyd het beleggingsvraag egter
juweliersvraag verbygesteek en daar word beraam dat beleggingsvraag na goud
nou 60% van alle aanvraag na goud verteenwoordig. Die aanvraag kom veral uit
Oosterse en Midde-Oosterse lande waar miljoene mense jaarliks toetree tot die
meer welvarende middelklas en verbruikingsbesteding met spronge toeneem.
Tussen 2000 en 2009 het per capita verbruikbesteding inr China byvoorbeeld
met 77% toegeneem. Aangesien spaarkoerse in hierdie lande baie hoër is as
in Westerse lande en verbruikers ook baie minder skuld het, is daar byna
onbeperkte kontantfondse beskikbaar vir belegging in goud. In ‘n onlangse
węreldwye opname oor beleggingsvoorkeure wat deur ‘n organisasie genaamd Ipsos
onder 18094 beleggers gedoen is, het 75% van die respondente in Indië en
Indonesië gesę dat hulle sal belangstel om in goud te belę.
Die goudontleder Julian Phillips som in ‘n Mineweb-artikel
die moontlikheid dat ‘n goudborrel kan bars soos volg op: “Using basic logic
then we can only see a collapse in the gold price if the inherent value of
both the euro and the dollar soar to unseen heights against the broad
spectrum of assets, including gold. Is this happening? Is it likely to
happen? Would you place your trust in the euro or the dollar as an
investment likely to take your wealth to new heights? More to the point,
could we expect the Indian, Asian and Chinese investors to place their faith
in these two currencies and away from gold? Therein lies the answer to
whether there will be a gold price collapse.”
In die algemeen kan gesę word dat die risiko verbonde aan
‘n belegging in goud nie hoër is as dié van ander bateklasse nie en dit kan
verder verminder word deur die goeie bestuur daarvan.
v GOUD AS BELEGGINGSBATE
Ř ALGEMEEN
Die voorgaande in ag genome is daar op hierdie stadium
geen rede om te dink dat die prys van goud in die afsienbare toekoms wesenlik
sal daal nie. Die gevolge van die diep fundamentele veranderinge wat tans
die goudprys dryf, moet waarskynlik nog in die toekoms in die goudprys
weerspieël word en goud as ‘n beleggingsbate het waarskynlik nog nie sy ware
glans gewys nie. Goud in een of ander vorm behoort dus ‘n plek in enige
beleggingsportefeulje te hę. Die keuse van beleggingsinstrumente sal bepaal
word deur die beleggingsbehoeftes en risikoprofiel van die belegger en deur die
heersende stand van sake en vooruitsigte in die goudmark.
Ř DIE
TIPIESE GOUDBELEGGER
Gegewe die beleggingsgeleenthede en –risiko’s verbonde
aan goud soos hierbo geskets, kan die vraag gevra word: Hoe sal die tipiese
goudbelegger lyk?
Soos enige ander belegger sal ‘n persoon wat ‘n belegging
in goud oorweeg ook twee basiese behoeftes hę. Hy wil nie graag sy
kapitaal verloor nie en hy verlang ‘n billike opbrengs daarop.
‘n Persoon wat reken dat die risiko verbonde aan
aandelebeleggings, veral in die huidige onseker beleggingsklimaat, groter as
dié van goud is, sal in goud belę om sy kapitaal te beskerm. Hy moet egter
gewillig wees om ‘n langtermynsiening te neem en moenie paniekerig raak
indien die goudprys vir korter tydperke daal of baie op en af beweeg nie.
Netso sal ‘n persoon wat twyfel oor die koopkrag van papiergeld ook graag
goud in sy besit wil hę.
‘n Persoon wat reken dat die potensiële kapitaalgroei op
‘n belegging in goud meer kan wees as die opbrengs op enige ander belegging,
sal ook in goud belę. Hy moet egter rekening hou met die risiko dat dit dalk
nie kan realiseer nie. Persone wat nie sodanige risiko kan of wil neem nie,
sal beter doen deur hulle geld in veilige geldmarkfondse of in bankdeposito’s
by private banke met goeie balansstate te belę, alhoewel kapitale risiko’s in
sulke gevalle ook nie heeltemal uitgesluit is nie.
Ř HOE BELĘ
‘N MENS IN GOUD?
Daar is verskillende maniere om in goud te belę. Dit
word kortliks hieronder bespreek.
·
Goudmunte
of goudstawe
Indien ‘n mens in fisiese goud in Suid-Afrika wil
belę, kan dit gedoen word deur die aankoop van Krugerrande en sekere
versamelaarsmunte. Die bekendste handelaar in hierdie munte is SA Gold
Coin Exchange. ‘n Persoon wat slegs een of twee
Krugerrande wil besit, sal dit by so ‘n handelaar koop. Persone wat groter
hoeveelhede Krugerrande wil besit, kan dit by SA Bullion of Eerste Nasionale Bank doen. Hulle verskaf ook bewarings- en
versekeringsdienste.
·
Beursverhandelde
fondse
Beursverhandelde fondse werk min of meer dieselfde as
effektetrusts. Die fonds gebruik die geld om fisiese goud te koop en reik
daarvoor aandele aan die beleggers uit. Die prys van die aandele wissel saam
met die goudprys. In Suid-Afrika is daar slegs een sodanige fonds naamlik New Gold, wat deur Absa Capital geadministreer word. Die aandele
word in Rand geprys. Absa Capital beplan om binnekort beursverhandelde
fondse vir platinum en silwer te loods. ‘n Mens kan ook deur Momentum of
Rand Aksepbank aandele koop in Aliquot Gold Bullion wat in London gebaseer is. Die aandele daarin kan in
Dollars, Euros of Britse Ponde geprys word.
·
Aandele
in goudmynmaatskappye
Persone wat aandele in goudmynmaatskappye wil koop, kan
dit deur makelaars doen.
·
Effektetrusts
Daar is twee effektetrusts in Suid-Afrika, naamlik Ou
Mutual se Gold
Fund en Stanlib se Gold and
Precious
Metals Fund wat hoofsaaklik in plaaslike en oorsese
goudmynmaatskappye belę is. Dan is daar Investec se Global Gold Fund wat in Brittanje gebaseer is en waarin ‘n mens deur
middel van die R4 000 000 buitelandse beleggingstoelating kan belę.
·
Afgeleide
instrumente
Deur hierdie instrumente kan ‘n belegger deur baie
klein bedrae blootstelling aan goud of goudaandele kry en op dié wyse kan
opbrengs op kapitaal eksponensieël verhoog word. Dis egter ingewikkelde
beleggingsinstrumente waaraan beduidende risiko’s verbonde is.
Die tipe instrument wat ‘n belegger sal gebruik om in
goud te belę, sal afhang van onder meer sy behoeftes, persoonlike
omstandighede, risikoprofiel, kennis van beleggingsmarkte en die grootte van
die bedrag wat hy wil belę.
v SAMEVATTING
Aan
die begin van hierdie studiestuk is gesę dat die goudmark aan die hand van
sekere temas geëvalueer sal word. Hieronder volg die kerngevolgtrekkinge:
Ř DIE AARD
EN FUNKSIE VAN GOUD IN DIE FINANSIËLE MARKTE
Vanweë fundamentele en strukturele veranderinge in die
węreld se finansiële stelsels gedurende die laaste dekade het goud almeer die
karakter van ‘n beleggingsbate begin aanneem en word veral gesien as ‘n
verskansing teen moontlike verliese in die waardes van ander
beleggingsbates. Verder word dit in ‘n toenemnde mate as ‘n moontlike
internasionale betaalmiddel gesien. Dit het onder andere die gevolg gehad
dat sentrale banke verander het van netto goudverkopers na netto goudkopers.
Ř DIE
VERNAAMSTE ROLSPELERS IN DIE GOUDMARKTE
Die swaartepunt van aanvraag na goud het verskuif van die
Weste na die Ooste en met die toenemende afname van vertroue in die Westerse
geldstelsels sal hierdie tendens waarskynlik voortduur. Namate welvaart in
Oosterse lande toeneem, tree private beleggers in hierdie lande in groot
getalle tot die goudmark toe. Hulle koop goud eerder om te hou as om daarmee
te spekuleer en dit neem baie goud uit die mark uit.
Op die verskaffingskant is goudmynproduksie besig om af
te neem en die aanvraag/aanbod-gaping word steeds groter. Saam met die
verdwyning van sentrale banke as goudverkopers kan dit geweldige druk op die
verskaffing van goud plaas en gevolglik ook op die goudprys.
Ř DIE
FAKTORE WAT DIE PRYS VAN GOUD IN DIE ALGEMEEN BEĎNVLOED
Die basiese faktore wat die goudprys in die algemeen
bepaal, het nie wesenlik verander nie. Sommige faktore is egter besig om
sterker na vore te treë as ander en beleggers sal hulle evalueringsmodelle en
beleggingstrategieë moet aanpas by die nuwe dinamiek wat besig is om te
ontwikkel.
Ř DIE
VERNAAMSTE FAKTORE WAT VIR DIE HUIDIGE STYGING IN DIE GOUDPRYS
VERANTWOORDELIK IS EN DIE VERWAGTE VOLHOUBAARHEID DAARVAN
Die belangrikste faktore wat tans die goudprys opwaarts
druk, is die afnemende vertroue in ander internasionale geldeenhede, die
groot staatskulde in Westerse lande, die stadig stygende inflasiekoers
węreldwyd, die toetrede van groot getalle nuwe goudkopers in veral Oosterse
lande tot die goudmark en die huidige politieke onrus in Arabiese lande.
Behalwe miskien vir die laasgenoemde faktor word dit allerweë verwag dat
hierdie faktore nie gou sal verkwyn nie. Die goeie vooruitsigte vir groei in
aandelepryse in ontwikkelde lande kan die aanvraag na goud as beleggingsbate
wel tydelik laat afneem.
Piketberg
11 Maart 2011
Hierdie inligtingstuk is daarop gerig om algemene inligting oor die
goudmark aan besoekers aan ons webtuiste te verskaf. Vir enige spesifieke
beleggingsbesluite word professionele advies aanbeveel. Lopende inligting en
kommentaar oor goud as ‘n beleggingsbate sal DV in ons internet
aktualiteitsoorsig Die Waardeskepper verskyn. Lesers wat ‘n belegging
in goud oorweeg of enige beleggingsadvies verlang, kan vir Frikkie Strauss kontak by 022 – 913 2391 / 082 4933 785 of by strausse@xsinet.co.za