FINANSIES  VIR  DIE  PROFESSIES

 

‘N  MODULE  VIR  DINAMIESE  FINANSIËLE  BESTUUR EN  PRO-AKTIEWE  BELASTINGBEPLANNING

 

v          PROFESSIES WORD AFGESKEEP

 

Daar is baie aansporings- en ondersteuningsmaatreëls vir ‘n verskeidenheid tipe ondernemings van owerheids- en privaatweë beskikbaar.  Dit behels ekonomiese, finansiële en belastingmaatreëls en is onder andere van toepassing  op vervaardigers, uitvoerders, landbouers, klein sake-ondernemings, taxi-operateurs en ontwikkelaars.  Daarteenoor ontvang die professies feitlik geen ondersteuning nie.  Hulle voorsien net die belasting waarmee die ander gehelp word!  Om finansieël te oorleef en die aanslag van die Kommissaris af te slaan, is hulle op hulleself aangewese.  Finansies vir die Professies is ‘n professionele produk wat FJS Finansiële Dienste vir die behoeftes van professionele persone ontwikkel het.

 

 

v          PROFESSIONELE MENSE HET BESONDERE BEHOEFTES

 

Professionele mense verdien hulle inkomste deur die verkoop van hulle tyd.  Tyd is vir hulle op ‘n besondere wyse kosbaar en hulle spandeer dit nie graag aan administratiewe rompslomp nie.  Hulle het ‘n vaartbelynde boekhoustelsel nodig om hulle op hoogte te hou van die stand van hulle finansies en goeie beheer oor debiteure is van deurslaggewende belang vir finansiële oorlewing.  Laastens wil hulle soos alle ander private ondernemers, ook die minimum belasting betaal.   

 

 

v          FINANSIES VIR DIE PROFESSIES

 

Deur middel van hierdie module kan FJS Finansiële Dienste op die volgende wyses aan die professies se behoeftes voldoen:

 

Ø          Vaartbelynde boekhoustelsel

Deur die instelling van werksprosedures, beroepsgeskikte boekhoupro-gramme en opleiding van boekhoupersoneel kan FJS Finansiële Dienste vir enige professionele onderneming ‘n boekhoustelsel aanlê wat aan die ondernemer tersaaklike, tydige en akkurate inligting voorsien wat hy nodig het om sy praktyk doeltreffend te bestuur.

 

Ø          Beheer oor debiteure

Professionele fooie word eers werklik verdien wanneer die rekening daarvoor ten volle betaal is.  Daarvoor is goeie kredietbeheer nodig.  Goeie kredietbeheer begin by goeie kredietkontrole.  FJS Finansiële Dienste het modules ontwikkel wat uit eenvoudige, dog doeltreffende en koste-effektiewe prosedures en tegnieke vir kredietverlening en –beheer bestaan.

 

Ø          Belastingbeplanning

Dis veral op die gebied van belasting waar die professies baie afgeskeep word.  Hulle word in baie gevalle uitdruklik van belastingvoordele uitgesluit en in sommige gevalle word hulle selfs gepenaliseer.  Professionele persone sal dus van besonder vindingryke en vernuwende belastingbeplanningstegnieke gebruik moet maak om hulle belastinglas so laag moontlik te hou.  Die bestaande ruimte vir belastingbeplanning sal ten volle ontgin moet word.  FJS Finansiële Dienste se belastingbeplanningsdiens is daarop gerig om die professionele persoon teen bekostigbare fooie te help om sy belastinglas so laag as moontlik te hou.  Ons proses is ‘n verantwoordelike proses wat binne die bestaande statutêre raamwerk geskied.  Ons het ‘n omvattende, gestruktureerde proses wat die impak van alle potensiële belastings soos inkomstebelasting, KWB en boedelbelasting in ag neem.  In die proses maak ons ruim gebruik van die voordele wat trusts in die professionele omgewing bied.

 

Ons ervaring van meer as dertig jaar van rekenmeesters- en belastingwerk is dat weinig  belastingbetalers die bestaande belasting-besparingsgeleenthede ten volle benut.  In bykans alle gevalle waar kliënte ons nader, bestaan daar ruimte om verdere waarde deur goeie beplanning te skep.

 

 

v          WATTER VOORDELE IS DAAR VIR ONS KLIËNTE IN TERME VAN DIE FINANSIES VIR DIE PROFESSIES MODULE?

 

Die professionele persoon wat van ons dienste gebruik maak, kan weet dat sy boekhoustelsel vir hom die inligting sal verskaf wat hy nodig het vir doeltreffende finansiële bestuur en besluitneming.  Hy kan seker wees dat daar op ‘n konsekwente basis na sy debiteure gekyk word en hy kan gerus wees dat hy niks meer belasting sal betaal as wat absoluut nodig is nie.  Ons neem slegs ‘n beperkte getal kliënte en gee persoonlike en intensiewe aandag aan elke kliënt se sake.

 

PIKETBERG
Adres: Langstraat 101, Posbus 339, Piketberg, 7320
Tel: (022)  913 2353/913 2391 | Faks: (022)  913 1482 | Sel: 082  493 3785
E-pos: strausse@xsinet.co.za