|
|
|
RISIKOBEPLANNING
‘N ELEMENTêRE EN GEBALANSEERDE BENADERING
Elkeen van ons is aan sekere risiko’s in ons lewens blootgestel. Die lewe kan nie altyd in ‘n veilige hawe deurgebring word nie en dit kan by tye ‘n gevaarlike onderneming word. Indien die risiko’s realiseer, kan dit materiële verliese en ontwrigting van lewens meebring. Nie almal is in staat om die gevolge daarop te dra nie. In ons samelewing is daar meganismes waardeur die risiko’s ten volle of gedeeltelik deur iemand anders gedra word. Die dienste word normaalweg deur versekeringsmaatskappye gelewer en daar is vergoeding daarvoor betaalbaar, gewoonlik in die vorm van premies. FJS Finansiële Dienste se risikobeplanningsdiens is gerig op die oordeelkundige gebruik van hierdie risikoprodukte.
v DIE RISIKOBEPLANNINGSPROSES
Daar is basies vier risiko’s waaraan die gemiddelde individu blootgestel is, naamlik die dood, ongeskiktheid, siekte en goedereverlies of –skade. By die beoordeling van die toepaslikheid van ‘n risikoproduk vra ‘n mens, bewustelik of onbewustelik, sekere elementêre vrae, naamlik: - Hoe groot is die kans dat die risiko sal intree? - Wat kan die omvang van die verlies, skade of lewensontwrigting wees as die risiko intree? - In watter mate is dit vir my moontlik om die gevolge daarvan te dra? - Wat kan ek doen om die gevolge daarvan te versag? - Indien ek nie self die risiko kan dra nie, wat gaan ‘n risikoproduk kos? - Tot welke mate is ek in staat om die koste van ‘n risikoproduk te dra?
v VOORBEELD
Die toepassing van die besluitnemingsproses kan, met verwysing na die siekte-risiko as voorbeeld, soos volg verduidelik word:
Om die grootte en omvang van die siekte-risiko te bepaal, moet omstandighede soos ‘n familiegeskiedenis, huidige gesondheidstoestand en blootstelling aan eksterne gesondheidsrisiko’s, oorweeg word sowel as die verwagte koste om dit aan te spreek. Daar is baie voorkomende maatreëls wat getref kan word om die moontlike negatiewe gevolge van siekte aan te spreek. Daaronder tel byvoorbeeld gesonde eet- en drinkgewoontes, die gebruik van voedselaanvullings soos vitamines en anti-oksidante, die vermyding van gesondheidsbenadelende produkte soos alkohol en nikotien en die doen van fisiese oefeninge. By die oorweging van die dra van die moontlike koste van die risiko moet finansiële vermoëns, inkomste en moontlike ander ondersteuningsmeganismes in berekening gebring word. By die keuse van ‘n bepaalde risikoproduk moet die spesifieke eienskappe en die kostes van verskillende produkte van verskillende verskaffers met mekaar vergelyk word. Vir die ander tipe risiko’s sal min of meer dieselfde proses gevolg word.
v DIE BESTE WAARDE VIR GELD
Ons by FJS Finansiële Dienste kan kliënte bystaan met die verkryging van risikodekking deur die bogenoemde beplanningsproses sistematies saam met hulle deur te werk. Ons het geen kommissie-ooreenkomste met enige produkverskaffers nie en kan dus op ‘n volkome onafhanklike en kliënt-gerigte wyse te werk gaan. Die uiteindelike doelwit is om vir die beskikbare fondse die beste risikodekking te kry. Vir hierdie dienste ontvang ons ‘n voorafooreengekome professionele fooi.
**************************************
Vir meer besonderhede of vir ‘n onderhoud skakel ons asseblief by:
Telefoon : 022 – 913 2353 Faks : 022 – 913 1482 Sel : 082 – 493 3785 E-pos:strausse@xsinet.co.za Langstraat 101, Piketberg www.waardeskepper.co.za
************************************** EIENAAR:
FRIKKIE STRAUSS : MA, B.Compt, NDFB, CFP, Professionele Rekenmeester
PIKETBERG |