|
|
|
TESTAMENT-
EN TRUSTPROGRAM v
PRIMÊRE BEHOEFTES Sover
dit die materiële faset van ‘n mens se lewe betref, is daar by elkeen bepaalde primêre behoeftes: ·
Hy wil
graag voorsiening maak vir die bevrediging van sy en sy afhanklikes se behoeftes terwyl by nog lewe en na sy dood. ·
Hy wil
graag hê dat daar by sy
afsterwe die mins-moontlike
ontwrigting van sy naasbestaandes se lewens plaasvind. ·
Hy wil
graag die bates wat hy in sy lewe
verkry het, beskerm en so min as moontlik daarvan aan die
belastinggaarder afgee. Behoorlike beplanning is nodig
om hierdie behoeftes aan te spreek en dit moet op ‘n kundige wyse gedoen word. Ons by FJS Finansiële Dienste kan die kundigheid voorsien en wel in die vorm van ouditering, beplanning,
implementering en instandhouding. v
OUDITERING Ons doen vir kliënte
‘n eenvoudige testament- en trustoudit met die volgende doelwitte: ·
Met betrekking tot testamente Om
vas te stel of: -
Die testament aan die nodige geldigheidsvereistes voldoen. -
Die testament uitdrukking gee aan die wense van die erflater en of dit prakties uitvoerbaar is. -
Die testament
so opgestel en die beplanning
rondom dit so gedoen is dat die maksimum besparing aan boedel- en kapitaalwinsbelasting en eksekuteurs-fooie
moontlik is. ·
Met betrekking tot trusts Om te bepaal of die stigting van
‘n nuwe trust ‘n rol kan speel
om die boedeleienaar se primêre behoeftes aan te spreek. Ten
opsigte van reeds-bestaande
trusts wil ons bepaal of: -
Die trust die beplanningsdoelwitte van die boedeleienaar
weerspieël en optimaal benut word binne sy ondernemingstruktuur. -
Die trustakte in ooreenstemming met
die geldende trustreg en
-praktyk opgestel is. -
Daar in praktyk uitvoering gegee word aan die trustbepalings en of die trust so ge-administreer
word dat sy bestaan nie bevraagteken
kan word nie. v
BEPLANNING Indien
dit uit die oudit blyk dat
die bestaande boedelplan nie aan die primêre
behoeftes van die boedeleienaar
voldoen nie, sal die nodige beplanning gedoen moet word om die leemtes aan te
spreek. Daarmee kan ons
hom bystaan. v
IMPLEMENTERING As daar uit die oudit- en beplanningsproses sekere voorstelle voortvloei, kan ons help met die implementering
daarvan. Dit mag nodig
wees dat ‘n nuwe testament opgestel moet word, dat ‘n trust gestig of gewysig moet word, dat ander entiteite soos maatskappye en beslote koporasies in die lewe geroep word, dat daar ‘n verskuiwing van bates moet plaasvind of dat bepaalde aksies geneem moet word om te verseker
dat daar genoeg kontant sal wees om
die boedelverpligtinge na
te kom. Ons kan ook die boedelbereddering
by afsterwe doen. v
INSTANDHOUDING ‘n Mens se persoonlike
en ekonomies-finansiële omstandighede
verander op ‘n deurlopende
basis. Dit verg aanpassings aan testamente en trustaktes. Trustbates moet ook behoorlik bestuur en ge-administreer
word. Dit is
dienste wat ons aanbied. Ø
FOOIE EN KOSTES FJS
Finansiële Dienste se fooie
word gebaseer op die hoeveelheid
werk wat gedoen word teen ‘n markverwante
en meededingende uurlikse
fooi. Afhangende van die omvang en kompleksiteit van die boedel kan die testament- en trustoudit
van R100 vir ‘n baie
eenvoudige boedel tot R1
000 vir ‘n gemiddelde
boedel kos. Na hierdie fase in die program sal ons min of meer weet hoeveel werk nog gedoen
moet word en ons sal ‘n beraming kan gee van ons fooie daarvoor sowel as van die voordele wat daaruit kan
voortvloei.
Die boedeleienaar kan
dan besluit of hy wil voortgaan
met die volle program of gedeeltes
daarvan. Daar kan ook
ander kostes wees soos hereregte,
seëlregte, prokureurskoste
ensovoorts wat buite ons beheer
is. Dit is gewoonlik vooraf bepaalbaar. Ø WATTER
VOORDELE IS DAAR VIR DIE BOEDELEIENAAR ONDER ONS TESTAMENT- EN TRUSTPROGRAM? ·
Hy kan
die gemoedsrus hê dat sy bates nie verlore sal
gaan in die geval van insolvensie, sterfte of egskeiding nie en hoef nie bang te wees dat
sy beplanningsdoelwitte gedwarsboom word deur die nie-nakoming van een of ander regsreël nie. ·
Hy hoef nie bekommerd te wees
dat, te midde van die trauma wat met
die dood gepaardgaan, daar nog ontwrigting
in die voorsiening van die materiële
behoeftes van sy afhanklikes sal wees nie. ·
Hy kan seker wees dat
daar binne die toepaslike wetvereistes, die beskikbare beplanningsgeleenthede
vir die besparing van belasting en boedelkostes ten volle benut is.
PIKETBERG |